Oudtshoorn Courant

De Rusters maak ka(a)lender

-

Volgens haar was die span so gemotiveer om 'n verskil in hulle gemeenskap te maak dat hulle hul "persoonlik­e grense verskuif het, ongemak in die gesig gestaar het, en hul vrese oorkom het, sodat hulle die kamera sonder hul oorpakke, hemde en broeke in die gesig kon staar."

"Dit was 'n heerlike projek om aan te pak, iets wat al 'n geruime tyd op my bucket list is. Dit het 'n gevoel van samehorigh­eid in ons gemeenskap geskep. Die uitdaging was om te onthou dat ek nie met profession­ele modelle werk nie, maar doodgewone mans met 'Dad Bods'. Ons wou dit uniek en stylvol laat lyk en ek dink dit was presies wat ons bereik het."

Die 13 mans wat hulself vir die projek ontbloot het was:

Swepie le Roux (83), bekende boer/ wynmaker in die streek en ook die bonus op die kalender, David Levy, De Rust se eie roomysmake­r (Julie), Bruwer Gendenhuys, besigheids­eienaar, kunstenaar en musiekant (Augustus), Soan Jacobs (September), Niekie Eksteen, besigheids­eienaar (Oktober),

Ben Pretorius, afgetrede joernalis (November), Piet Smit, besigheids­eienaar (Desember),

Nico Grobbler, afgetrede geoloog en besigheids­eienaar (Januarie), Marius Alberts, besigheids­eienaar (Februarie), Brian Harmse, sakeman (Maart), Sarel van Staden (April), Tim Jones, besigheids­eienaar (Mei) en Werner Alberts, besigheids­eienaar (Junie).

"My eerste gedagte was: Wat gaan my dogters sê? Gelukkig was hulle nie te bekommerd nie en het my herinner dat ek nie so skaam is nie. Ek glo ook dat die opbrengs van die kalender 'n verskil kan maak," vertel Le Roux. Geldenhuys sê hy beskou die projek as 'n waaghalsig­e, maar stylvolle projek om die mense in die gemeenskap te kan help. Levy sê dit was heerlik om deel van die projek te wees.

"Maryna kon dit regkry om gewone mense, met al hul tekortkomi­nge te vat en iets besonders te skep. Ons kon net ons wees. Dit was gemaklik en lekker." Om meer van die waaghalse te leer en die skemerkelk­ieresepte te sien koop die kalender by besighede in De Rust of die Oudtshoorn- en De Rust-toerismeka­ntoor teen R150. Maryna Cotton kan ook by 082 857 0479 of by maryna@ photowise.co.za gekontak word.

 ?? ?? Swepie le Roux sê dit het nie veel oortuiging gekos om aan die projek deel te neem nie.
Swepie le Roux sê dit het nie veel oortuiging gekos om aan die projek deel te neem nie.
 ?? ?? Coenie de Villiers in gesprek met Maryna Cotton.
Coenie de Villiers in gesprek met Maryna Cotton.
 ?? ?? Niekie Eksteen is mnr Oktober.
Niekie Eksteen is mnr Oktober.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa