Oudtshoorn Courant

Maureen Wicomb ter ruste gelê

-

Sy was ‘n vrou wat nie geskroom het om vir haar gemeenskap, en veral vir vroue, op te staan nie.

So is die ontslape Maureen Wicomb (80), eggenote van die vryskutjoe­rnalis en bekende tennisspel­er, Garnett Wicomb, verlede week tydens haar troos- en begrafnisd­iens in die Weyers Memorial UCC beskryf.

Wicomb is op Saterdag 16 Maart na ‘n lang siekbed oorlede terwyl haar man in Turkye was vir die ITF Wêreld Seniors Tennistoer­nooi.

Die voormalige burgemeest­er van Oudtshoorn, Angeline Lekay, het in haar huldeblyk gesê dat sy baie by Wicomb geleer het in die jare toe hulle saamgewerk het.

“Aunty Mou was die een wat altyd wou sien dat die vroue netjies aantrek wanneer ons afsprake moes nakom. Sy was ‘n oorvatter en goeie organiseer­der en het ‘n leidende rol gespeel in die stigting van die eerste vroue besigheids­beweging, Oudtshoorn Women in Business (Owib) en die destydse kultuurfee­s, die Garobfees.”

Jonathan Wicomb, voorsitter van die Wicomb Saamtrekko­mitee, het hulde gebring vir die impak wat sy gemaak en insette wat sy by die Wicombfami­liesaamtre­kke en -vergaderin­gs gelewer het.

“Ons sal haar ook onthou vir die baie elegante, spoggerige, netjiese vrou wat sy was. Altyd stylvol aangetrek en haar besondere mooi manier van praat, mooi uitspraak en mond wat op so ‘n oulike manier getrek is om die woorde perfek uit te spreek. Ons eer Maureen vir die bydrae wat sy op haar beskeie manier gelewer het tot die uitbou van ons familie."

Peter Snyman, ‘n susterskin­d, het gesê hy sal sy tante onthou vir haar vermoë om dinge te organiseer en mense te onthaal. Sy was die een wat alles gedoen het om die familie bymekaar te hou.

Wicomb is op 16 Januarie 1944 gebore en was die jongste van sewe kinders van Piet en Annie Adams.

Sy was 'n leerder van Hoërskool Môrester en het haarself as verpleegst­er gekwalifis­eer en het by die Oudtshoorn­hospitaal gewerk. Daarna het sy aan die stuur gestaan van haar en haar man se besighede.

Sy het as verteenwoo­rdiger van die WesKaapse departemen­t van kultuur en sport op die trusteeraa­d van die CP Nel-museum gedien en was ook saam met wyle Longisi Douse in beheer van die Oudtshoorn Tourism Help Desk om raad en advies aan entreprene­urs in die toerismebe­dryf te gee.

Sy was ook ‘n stigtersli­d van die destydse Attakwahui­s in Oudtshoorn en jare lange lid van Oudtshoorn en Weyers Memorial UCC.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Maureen Wicomb is verlede Saterdag begrawe.
Foto: Garnett Wicomb Maureen Wicomb is verlede Saterdag begrawe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa