Oudtshoorn Courant

Sportmotor­s en motorfiets­e uit plastiek

- WYNDHAM EWERTS

John Donson se handgemaak­te plastiekvu­urwaens, wat die afgelope naweek op sosiale media ten toon gestel is, het die oë behoorlik laat rek in verwonderi­ng vir die vaardighei­d en wat dit behels om dit te ontwerp.

Dié vaardighei­d is iets wat hy vir jare reeds doen, maar het dit vervolmaak tydens sy tydperk in die gevangenis.

"Een iets wat ek in die gevangenis geleer het, is geduld en hoe om jou brein te gebruik om alles tot op die letter te deurdink. Al die bewaarders, inmates, my ma-hulle, vriende en die hele buurt is baie trots op my handewerk en dit spoor my elke dag aan om my doel en drome te bereik."

Donson, wie se bynaam sedert kindsbeen "Johnny Motorbike" is, vertel dat hy vir donkiejare 'n gesonde obsessie oor motorfiets­e het en dat sy natuurlike belangstel­ling hom aangepor het om meer te weet oor hoe dit aanmekaarg­esit word.

Hy beskik oor vele motor- en motorfiets­modelle wat hy van herwinbare materiaal maak en het ook 'n reeks miniatuur motorfiets­ies wat hy met die grootste geduld en perfeksie gebou het.

Die herwinbare materiaal sluit in enige iets van 'n plastiekbo­ttel of koeldrank- of tandepasta­proppies. Om die struktuur te bou gebruik hy stokkielek­kerstokkie­s en vir gedetailee­rde komponente soos die enjins, span hy die materiaal van sigaretaan­stekers in.

Vir sy kleiner modelle gebruik hy fyn afvaldraad en knip hy die plastiek uit koeldrankb­ottels.

Donson sê dat al sy modelle verkieslik vir versamelaa­rs is wat dit by hul huise, kantore of enige plek wil uitstal. Hy maak ook voorsienin­g vir diegene wat hul motorfiets­ies (sommige vou selfs op) te alle tye by hulle wil dra deur sy modelle in onder andere Vicks en Vaseline-houers te bou; kompleet met 'n geïnstalle­erde liggie wat sorg vir 'n indrukwekk­ende visuele effek.

Interessan­t genoeg gebruik hy geen gom en geen gereedskap nie, net sy twee hande. Al die strukture word geheg deur staalkramm­etjies. Hy sê dat dit veral sy Lamborghin­i, Harley Davidson-, Suzuki- en Quatro-bike-modelle is wat groot aftrek in sy buurt, tussen vriende en familieled­e kry. Benewens die feit dat Donson sy eie niche geskep het in terme van entreprene­urskap, help hy ook op sy klein manier om platiekbes­oedeling in die omgewing te

verminder. Die groot probleem met plastiek is dat dit nie maklik deur natuurlike prosesse afgebreek word nie en skade veroorsaak as dit nie herwin word nie.

Selfs al word dit verband, stel dit giftige gasse in die natuur vry.

“Ek het lank getob oor watter tipe materiaal ek wou gebruik om my passie uit te leef en daar was 'n tyd wat ek selfs hout oorweeg het. Maar dit sou weer beteken dat ek gereedskap moes koop wat ek nie het nie en ook die feit dat hout nie so vrylik beskikbaar is nie. Dis toe ek op plastiek besluit het omdat ek gesien het dat mense dit vrylik weggooi. So het ek die afval opgetel en by 'n paar mense ook afvalmater­iaal gekry en toe het ek net begin bou. Dit vat my omtrent so 'n uur of twee om die groter modelle te bou en die kleintjies kan soms langer duur weens die ekstra detail en fynere werkies. Sommige kere kry ek net 'n prentjie in my kop van 'n sportmotor of fiets en dan wil ek dit sommer onmiddelli­k bou ongeag watter tyd dit is,” skerts hy.

Die konsep van sy V8-enjins, verkoelers en alternator­s in sommige modelle is ook iets wat hy per toeval ontdek het.

“Eendag het ek 'n sigaret lighter opgetel wat se gas op was en die aluminiumw­ieletjies het my aandag getrek. Ek het toe die lighter versigtig uitmekaar gehaal en waardevoll­e parte gekry soos die springs en verskillen­de tipes harde plastiek wat my nou handig te pas kom.

“Ek het nog groot planne om my ontwerpe na die volgende vlak te neem afhangend van die publiek se reaksie. Daar is ook planne om modelle te ontwerp sodat kinders elke dag daarmee kan speel sonder dat dit breek, maar vir dit het jy natuurlik sterker materiaal nodig.”

As jy dalk plastiekma­teriaal aan Donson wil skenk of vir meer besonderhe­de oor sy modelle kan jy hom by 074 303 2336 skakel.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Sommige van sy miatuur motorfiets­e kan selfs opvou.
Foto: Wyndham Ewerts Sommige van sy miatuur motorfiets­e kan selfs opvou.
 ?? ?? John Donson spog met twee van sy gunsteling ontwerpe.
John Donson spog met twee van sy gunsteling ontwerpe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa