Oudtshoorn Courant

Bridgton klop Blanco, Harlequins val vas

- WYNDHAM EWERTS

Bridgton-rugbyklub het verlede Saterdag sy eerste oorwinning van die seisoen behaal toe hy Blanco van George in die SWD Super A-liga met 28 - 22 getroef het. Die wedstryd is by Bridgton-sportterre­in (Die Plate) gespeel. Hierdie oorwinning sal die maroentrui­e sommer hope selfvertro­ue gee omdat die einste Blanco verlede week Crusaders ('n voormalige kampioen) pakgegee het.

Soos verwag was daar in die eerste helfte bitter min te kies tussen die twee spanne en het die spanne mekaar behoorlik opgekeil. Bridgton het sy man goed gestaan in die vaste fasette en sy ondersteun­ende spel by veral die afbreekpun­te het Blanco hoofbreken­s besorg. Die rustydtell­ing was 7 - 4 in die tuisspan se guns.

In die tweede helfte het Bridgton toenemend na 'n hoër rat oorgeskake­l soos vars bene van die plaasverva­ngerbank gekom het.

Jason Abrahams, voorsitter van Bridgton-rugbyklub, het die span na die wedstryd geloof vir hul dissipline wat uiteindeli­k die deurslag gegee het.

"Ek is baie trots op die manne juis omdat ons heelwat uitdagings die hoof moes bied in aanloop tot die liga. Ons eerste wedstryd teen Jaguars het ons wel verloor, maar vandag het ons karakter getoon om die wa deur die drif te trek. Al die spelers het hul hande opgesteek, maar daar is tog 'n paar spelers wat 'n ekstra pluimpie verdien soos ons aanwins, Dehovan Johannes (heelagter), wie se algemene spel beïndruk het. So ook ons ervare werkesel, Wayne Julies en die agterste driehoek wat Willem Jaftha en Charlie Ewerts insluit wat uitstekend op aanval en verdedigin­g was. Dan ook die kaptein Anver Venter wie se leierskap deurslagge­wend was veral toe ons twee geelkaarte in die wedstryd gekry het. Ek is oor die algemeen tevrede met ons spel, maar daar is tog ‘n paar afdelings waar ons kan verbeter. Vir nou is die oorwinning net die nodige doepa wat die span nodig gehad het vir 'n tawwe wegwedstry­d op 6 April teen Crusaders wat ek glo ons kan wen. Tans vat ons dit week vir week, maar ons doelwit bly onverander­d, om as wenners uit te tree uit vanjaar se liga," het Abrahams gesê.

Vir Bridgton het Johannes, Francois Gelderbloe­m en Tinsley Stuurman elk agter die pale gaan kuier. Johannes was in die kol met twee doelskoppe en drie strafdoele.

So het die res van Bridgton se spanne gevaar:

Bridgton C span verloor teen Blanco 14-20.

Drieë: Jayden-Lee Moos, en Christophe­r Blaauw elk een drie. Jaden Lee Moos slaag met een doelskop. Moustapha Esau is suksesvol met een strafskop. Bridgton B-span klop Blanco 47- 10 Drieë: Adrian Booysen (2). Bradwin Wanies, Octavio Goliath, Ruan Jordaan, Kaleb Olieslager, Mervin Langeveldt

druk elkeen een drie. Booysen klits drie doelskoppe oor. Darren Coerecius is suksesvol met doelskoppe, Camdon Amerika het een doelskop verdoel. Harlequins het die afgelope naweek sy tweede loesing op die lyf geloop toe hy 22 - 28 teen Evergreens van George vasgeval het.

Die rustydtell­ing was 12 - 3 in Harlequins se guns.

 ?? Foto’s verskaf ?? Wayne Jullies (heel links) se verdeding was rotsvas.
Foto’s verskaf Wayne Jullies (heel links) se verdeding was rotsvas.
 ?? ?? Tinsley Stuurman was ‘n handvol op die verdedigin­g en aanval.
Tinsley Stuurman was ‘n handvol op die verdedigin­g en aanval.
 ?? ?? Bridgton se kaptein, Anver Venter, raap die bal uit die lug.
Bridgton se kaptein, Anver Venter, raap die bal uit die lug.
 ?? ?? ‘n Speler van Blanco word omsingel deur verdediger­s.
‘n Speler van Blanco word omsingel deur verdediger­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa