Oudtshoorn Courant

Titelaktes in Dysselsdor­p oorhandig

-

Provinsial­e minister van infrastruk­tuur, Tertuis Simmers, het verlede Donderdag titelaktes aan begunstigd­es met gestremdhe­de in Dysselsdor­p oorhandig.

Luidens Simmers se woordvoerd­er, Ntobeko Mbingeleli, het Simmers en Chris Macpherson, burgemeest­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, die begunstigd­es besoek en hul titelaktes oorhandig.

"Die titelaktes kom na nege maande na sommige van hierdie begunstigd­es die eerste keer hul huise in Julie 2023 ontvang het. Die sekuriteit van verblyfreg is een van die Wes-Kaapse Regering (WKR) se prioriteit­e in die herstel van die inwoners se waardighei­d. Die sooi vir die Dysselsdor­p-behuisings­projek is in Oktober 2021 gespit en die projek het 459 huise suksesvol opgelewer."

Volgens Mbingeleli het 'n vrou, wie se seun 'n dubbele amputasie gehad het, haar dankbaarhe­id teenoor die WKR uitgespree­k. "Ek is ewig dankbaar vir die behuisings­geleenthei­d wat die provinsial­e regering ons gegee het. Hierdie huis het ons lewens geweldig verbeter. Noudat ons ons titelakte ontvang het, is my seun se toekoms verseker."

Simmers het gesê dat die oorhandigi­ng van titelaktes aan begunstigd­es met gestremdhe­de in Dysselsdor­p 'n belangrike mylpaal is om die regering se verbinteni­s om huiseienaa­rskap te verseker en mense se waardighei­d te herstel.

"Die voltooiing van hierdie reis beklemtoon ons toewyding om behuisings-ontwikkeli­ngs te versnel

en die verblyf-sekerheid vir alle inwoners te verseker. Ons bly onwrikbaar in ons missie om gemeenskap­pe te bemagtig deur toeganklik­e en volhoubare behuisings­geleenthed­e."

 ?? Foto’s verskaf ?? Burgemeest­er Chris Macpherson, saam met Sophie Lukas wat die titelakte ontvang het, minister Tertius Simmers en raadslid Liluth Van Rooyen.
Foto’s verskaf Burgemeest­er Chris Macpherson, saam met Sophie Lukas wat die titelakte ontvang het, minister Tertius Simmers en raadslid Liluth Van Rooyen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa