Oudtshoorn Courant

Janien se werk pronk in Italië

- LIEZL VAN NIEKERK

Janien Müller (16), Oudtshoorn se jong, nederige kunstenaar, se inskrywing­s vir Picture This! 2023 word tans saam met al die ander illustreer­ders se werk in Italië ten toon gestel.

Sy is verlede jaar as een van drie Suid-Afrikaanse kunstenaar­s gekies is wat 'n internasio­nale kunskompet­isie gewen het. Sy was algeheel die jongste wenner en ook die enigste in die Wes-Kaap. Protea Boekhuis, het tesame met etlike internasio­nale boekuitgew­ers die kompetisie vir illustreer­ders om karakters te skep, van stapel gestuur.

Die uitstallin­g word in Bologna gehou en haar sketse vorm deel van die grootste kinderboek­uitstallin­gs te wêreld waar meer as 100 verskillen­de lande se uitstallin­gs gevind kan word.

Janien sê Picture This! (2023) was ’n groot nuwe uitdaging.

"Ek het op die stadium toe ek ingeskryf het nie besef dis so ’n groot kompetisie waaraan profession­ele illustreer­ders sou deelneem nie. Ek is mal daaroor om nuwe karakters te skep, ek was eintlik net besig om te eksperimen­teer met karakters en tonele. Ek is baie opgewonde, maar ek moet ook eerlik sê dat dit baie onwerklik voel. Ek wens ek kon die Bologna Kinderboek­ebeurs hierdie jaar in Italië bywoon. Ek glo illustreer­ders kan baie daar leer."

Janien sê hierdie jaar gaan 'n opwindende jaar wees en het sy nog baie wat sy wil aanpak. "Ek wil graag my tegnieke in kinderboek­illustrasi­es verbeter en ontwikkel. Daar is opwindende projekte in die pyplyn vir 2024, waaronder ‘n kinderboek of twee se illustrasi­es. Ek hou van nuwe uitdagings, en is mal oor lees en musiek luister. Ek kyk graag "animated series" vir die animasie en storielyn. Ek is mal oor kleure ... my kop is gevul met stories en prentjies," vertel sy opgewonde.

Sy sê egter dat haar akademie vir haar baie belangrik is, so die grootste gedeelte van haar tyd bestee sy daaraan.

 ?? ?? Van haar kunswerke wat sy vir die kompetisie ingeskryf het.
Van haar kunswerke wat sy vir die kompetisie ingeskryf het.
 ?? ?? Janien Muller
Janien Muller

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa