Nemo én Dory hier in Polokwane
Aan die einde van 2003 is SuidAfrikaners aan die oulike neusstreepanemoonvis (clownfish) met die naam Nemo voorgestel.
Nemo het saam met sy pa, Marlin, sy vriendin en palet-doktervis (Blue Hippo Tang), Dory, en al die ander seediere gou ‘n geliefde plekkie in baie se harte gevind. In Polokwane is daar selfs ‘n huis waar ‘n regte Nemo en Dory woon. Hulle word versorg deur Gert Castelyn, wat net meer as twee jaar gelede besluit het om ‘n koraalrif in sy eetkamer te begin.
“Ek is lief vir die onderwaterwêreld, rwêreld, veral diepseeduik, en het al selfs lfs die Rooi See verken. Dit is waar my liefde vir soutwatervisse begin het.”
Gert het tans agt visse waarvan an twee neusstreep-anemoonvisse en een en ‘n palet-doktervis is. Hy vertel l die anemoonvisse se geaardheid verskil hemelsbreed van dié van Nemo mo en Marlin sin.
“Hulle is baie territoriaal en geniepsig. Sou ek perongeluk my vinger te naby aan hulle area in die water druk om vir hulle kos te gee, byt hulle. As hulle nie van ‘n annemoon hou nie verwoes hulle dit sommer.”
Elkeen van die agt visse kry ander kos en die annemoonvisse is verantwoordelik om vir die annemoon kos te gee. “’n Tyd gelede het die visse geweier om vir die annemoon kos te gee, en ek moes dit self doen.
Hulle is die enigste visse wat nie deur die annemoon anngeval word as hulle binne sy vingers is nie.”
Gert voeg by die palet-doktervis het ‘n interessante manier van slaap want “sy draai op haar sy en beweeg dan tussen twee riwwe in”. Daar is ook slakke, seesterre en garnale in die tenk. Elke organisme het ‘n rol om te speel; sommige help om alge te beheer en ander dien as ‘n huis. Selfs die regte seesand in die tenk bevat organismes wat nodig is. Gert sit elke dag kalsium, magnesium en alkaline, sowel as Marine Mix, Mysis en Formula Two in die tenk en vertel die lig in die tenk is die belangrikste aspek.
“Die lig boots die weer en tyd na.
In die oggend lyk die lig soos ‘n sonsopkoms en teen 12:00 is dit asof die son reg van bo kom. Dan, soos dit na die aand se kant toe gaan, verander die lig weer na ‘n sagter lig. Die koraalrif is sensitief vir hitte.”
Gert gebruik ‘n Schemer en golfmaker om die gifstowwe uit die water te haal. Daar is ook permanente suurstof en verkoeling nodig om die temperatuur stabiel te hou. Hy vertel dit is ‘n baie duur stokperdjie en die koraal is die duurste en baie sensitief.
“Ek vervang elke week die water en haal 20% van die water uit die tenk uit en meng die nuwe water met sout voor ek dit weer ingooi. Ek toets gereeld die soutvlakke.”