Polokwane Observer

VGK Westenburg se bobaas potjiekosm­akers beïndruk

- Cheryllee Hannam

‘n Heerlike aroma het onlangs in Westenburg se lug gehang soos die inwoners geskarrel het om hulle hoenderpot­jies voor te berei vir die VGKSA Westenburg­gemeente se potjiekosk­ompetitisi­e.

Die kerk het hierdie geleenthei­d gebruik as ‘n geldinsame­lingsproje­k en oud en jonk het hande gevat om hulle kookvernuf op die proef te stel. Die kompetisie was onder die ses wyke van die gemeente gehou, en party van die kleiner wyke het saamgesmel­t tydens die kompetisie om die gesogte pryse los te slaan. Elke wyk moes hulle eie bestanddel­e voorsien met hoender as die primêre bestanddee­l. Wyk 5 en 6, met Shanaaz Harmse as kok, is as wenners gekroon vir hulle heerlike soet-suur hoenderpot.

Punte is gegee vir aroma, tekstuur, smaak, bestanddel­e, voorleggin­g en gees. Volgens die beoordelaa­rs was elke pot uniek en dit was pret om elke gereg te proe. Hulle raad aan al die deelnemers was om ‘n balans te handhaaf met speserye en ook om seker te maak groente word saam in een pot gekook en nie apart nie. Terwyl die potte besig was om te prut het die kinders hulleself op die springkast­eel geniet, en die volwassene­s het om die dominoesta­fel gekuier.

Ds. Jacques Beukes sê om die kompetisie interessan­t te hou het hulle juis op hoender besluit. Volgens hom is hoender moeilik om perfek in ‘n potjie voor te berei en dit vat goeie vernuf om as die bobaaskok gekroon te word aan die einde van die dag. Beukes voeg by dit is ook goedkoper as ander vleissoort­e en daarom het die kerk dit goedgedink om dit die hoofbestan­ddeel te maak.

“Die kompetisie was nie net ‘n geldinsame­lingsproje­k nie, maar ook ‘n geleenthei­d om mekaar beter te leer ken en lekker saam te kuier as familie in Christus. Natuurlik was dit lekker om ‘n heerlike e bord kos saam te geniet. Ons sê dankie aan almal wat ons deur die dag ondersteun het en vir al die wyke wat deelgeneem het. Hulle het hulle A-game gebring en dit was nie maklik om ‘n wenner te kies nie met die aangename geure, smaak en hoe hulle die borde voorgesit t het nie. Almal het hulle taak puik voltooi, maar ongelukkig g kon daar net een wenner wees,” s,” vertel Beukes.

Hy voeg by dat die kerk ‘n gemeentebr­aai in September beplan en nooi almal uit om deel te neem.

 ?? ?? Francois Hartlief en Gill Andreas sê hulle hoenderpot­jie is ‘n wenner.
Francois Hartlief en Gill Andreas sê hulle hoenderpot­jie is ‘n wenner.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa