Polokwane Observer

‘n Veilige plek vir die kinders

- Maretha Swanepoel

Een van die vrae wat dikwels aan jong getroude paartjies gevra word, is wanneer hulle met ‘n gesin gaan begin.

Soveel van hierdie paartjies smag na ‘n baba van hulle eie, maar is dit dalk nie beskore nie. Dan is daar vroue wat om verskillen­de redes hulle kinders in pleegsorg moet plaas of selfs aanneming oorweeg.

Serving Kids Through Community is ‘n ondersteun­ingsnetwer­k wat op die been gebring is met die oog om aanneem- en pleegouers te ondersteun. Michelle en Albert van der Westhuizen het dié groep begin nadat hulle besef het hoe groot die behoefte aan pleegouers is.

“Nadat ons vir ‘n kort ruk getroud was, wou ons met ‘n gesin begin. Die beplanning was om biologiese kinders te kry, maar die Here het ‘n ander plan met ons familie gehad. Ons het gebid daaroor en die Here het ons geseën met ‘n pragtige babaseun wat ons aangeneem het,” vertel Albert. Só het Michelle en Albert betrokke geraak met Ngwana Babahuis en besef hoe groot die nood vir pleegouers en plekke van veiligheid in Polokwane is.

Santie Barnard en haar man, Kobus, is alreeds vir agt jaar pleegouers en het ook kinders aangeneem.

“Ons het vir die Here dankie gesê dat Hy ons geseën het met ‘n lekker groot huis en dat ons bereid is om vir Hom te werk. Ons kinders was reeds volwasse, en ons was nog jonk genoeg om nog kinders te behartig. Wat ook al die Here van ons verwag om te doen, doen ons met elkeen van ons kinders.”

Albert sê die Here het ‘n hart vir kinders met behoefte. “Ons glo dat elke persoon op een of ander manier kan help waar

God ons roep om te sorg vir behoeftige kinders.”

Michelle sê Serving Kids Through Community se hooffokus is die bewusmakin­g van die behoefte van kinders in ons stad. “Polokwane beteken ‘plek van veiligheid’ en ons wil dit graag waar maak vir die kinders in ons stad. Sodat elke kind ‘n veilige hawe sal hê waar hulle sal ontvang wat hulle nodig het; fisies, emosioneel en geestelik.” Indien jy op enige manier deel wil word van die netwerk, of wil help, kontak gerus vir Michelle en Albert by michelledp­60@ gmail.com

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa