Polokwane Observer

James Veldman se liefde vir rugby is aansteekli­k

- Maretha Swanepoel Afrigter James Veldman.

James Veldman se passie en liefde vir kinders en rugby maak hom ‘n gewilde afrigter onder beide die seuns en hulle ouers.

James het in gr. 1 begin rugby speel en het altyd vir Laerskool Ellisras se A-spanne uitgedraf.

In die hoërskool het hy slot vir Hoërskool Louis Trichardt se eerstespan gespeel en na skool sluit hy by Dorp Rugbyklub aan waar hy in die derdespan gespeel het.

James het hard geoefen en kon later met trots die eerstespan se trui oor sy kop trek.

“Ek was twee keer gekies om vir die o/21 Limpopo Blou Bulle te speel. Verder het ek ook sewesrugby vir die Limpopo Blou Bulle gespeel.”

Deesdae is James deel van Noordelike­s Rugbyklub waar hy vir die eerstespan speel.

Hy verduideli­k waarom rugby ‘n goeie sportsoort is: “Rugby bring mense bymekaar, maak nie saak of jy wen of verloor nie. Gesinne en families van verskillen­de plekke kom bymekaar en leer mekaar ken. Dikwels raak hulle goeie vriende. Met rugby leer jy om as ‘n span saam te werk en die broederska­p wat jy bou met die ander spelers, hou vir altyd. Dit is lekker om die spel te kyk en te speel en dit verenig mense van regoor die wêreld.”

Kinders het ‘n besondere plek in James se hart en dus geniet hy dit om sy kennis en liefde vir die spel met hulle te deel.

Hy is deel van Rugby Skills and Developmen­t wat spesialis afrigting vir kinders en tieners bied. “Dit is lekker om te weet ek help hulle om ‘n goeie fondasie vir rugby te bou. Ek geniet dit om te sien hoe hulle groei en ontwikkel. Ek glo hulle onthou altyd hulle eerste afrigter. Rugby leer hulle dissipline en respek en so ervaar jy dat hulle goeie jong manne word.”

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa