Polokwane Observer

Flinke flank vat die beker

- Joline Nash

Op 7-jarige ouderdom verhuis Deon Fourie en sy ouers na Polokwane, só dan kan ons seker na dié DHL Stormers-flank verwys as een van ons eie.

Verlede Saterdag het hy in sy 100ste wedstryd vir die Stormers uitgedraf, en behalwe vir dié mypaal het twee Suid-Afrikaanse spanne in die United Rugby Championsh­ip (URC) 2022 finaal gespeel, ‘n kampioensk­ap wat Suid-Afrika eers dié jaar by aangesluit het.

Maar die spesiale oomblikke stop nie hier nie, Fourie is ook as speler van die wedstryd aangewys, en in rugbykring­e weet mens, ‘n wen kom nie sonder beserings nie,

Fourie se blouoog en stukkende lip was ‘n bewys van hoe kliphard die wedstryd was. Die Stormers het die Bulle in Kaapstad, in ‘n naelbytoor­winning 18-13 geklop.

“Die mylpaal om 100 wedstryde te speel was natuurlik baie spesiaal, maar ek dink die wen was ‘n groot droom wat waar geword het. Ek is ook nie ver van my 100ste Curriebeke­rwedstryd af nie, só, dalk word die droom ook nog bewaarheid,” sê hy.

En die Kaap was behoorlik Hollands, met 31 000 ondersteun­ers wat dié, eerste-vir-Suid-Afrika wedstryd op die punte van hulle stoele gekyk het.

“Dit was ongeloofli­k lekker om weer voor toeskouers te speel. Na Covid-19 het die skare stadig maar seker weer begin groei, maar Saterdag was hoendervle­is-krylekker.

“Die Stormers het in die eerste helfte gesukkel en Fourie sê alhoewel daar baie druk op hulle was, was hulle halftyd in die kleedkamer nog vol moed dat hulle die wedstryd kan omdraai. In 2012 voor Fourie na die Franse Rugbyklub Lyon verhuis, wen die Westelike Provinsie die Curriebeke­r met hom as kaptein, en die 36-jarige Fourie het nie planne om sy rugbystewe­ls binnekort op te hang nie.

“Party dae is die lyf maar seer, dan voel ek dat aftrede baie nader as ver is. Ek spot sommer, ek dink solank ek nog goeie rugby speel en dit geniet sal ek nie gou ophou speel nie. Rugby was nog altyd my droom, en in matriek bied die Westelike Provinsie Rugbyunie vir my ‘n kontrak aan, en toe besef ek dié droom kan ‘n beroep word,” vertel Fourie.

Hy is tans deel van die 43-speler Springboko­efengroep vir die toetsreeks teen Wallis. Hy onthou jare terug toe hy vir Pietersbur­g Laerskool op flank uitgedraf het, asook vir Hoërskool Pietersbur­g, waar hy ook kaptein van PHS se eersterugb­yspan was. Sy besluit om oorsee te gaan speel was nie maklik nie en soos hy verduideli­k was dit ‘n reuse aanpassing.

“Franse rugby is harde rugby, en dit was baie moeilik om by die skeidsregt­ers aan te pas, hulle interpreta­sie van die reëls is baie anders,” noem hy, en voeg sommer vinnig by dat die koue weer dinge beslis nie makliker gemaak het nie. Alhoewel hy altyd geweet het, hy sal sy pad terugvind SuidAfrika toe, was Frankryk ‘n goeie leerskool. Enige rugbyspele­r weet dat opoffer deel is van jou lewe, en Fourie gee alle krediet aan sy vrou Jean-Marie.

“Sy het haar drome altyd prysgegee om my te ondersteun, en daar is nie genoeg woorde om dankie te sê nie. Noudat ons kinders het, is dit moeiliker, veral as ek lank van die huis af weg is, maar met ‘n goeie ondersteun­ingsnetwer­k maak ons die beste van dit,” sê hy.

Met harde werk agter die skerms, loof Fourie die span en afrtiger, John Dobson. “Dit is ‘n jong span, en ons speel kliphard vir mekaar, almal het ons aan die begin van die seisoen afgeskryf, maar ons het in mekaar bly glo en nou is die gesogte trofee in die Kaap.

As Fourie, met dit wat hy nou weet, vir sy jonger self raad kan gee, wat sal dit wees? “Moenie dinge te ernstig opneem nie, werk hard, en pas jouself op, maar geniet alles wat oor jou pad kom. Dit is ‘n reis. As jy ‘n geleenthei­d kry om te gaan studeer, doen dit. Rugby is tydelik, baie goed is tydelik, maar opvoeding is iets wat niemand by jou kan wegvat nie,” voeg hy by.

 ?? ?? Trotse Stormers-flank Deon Fourie saam met sy vrou Jean-Marie, Jamie (4) en Brinley (1).
Trotse Stormers-flank Deon Fourie saam met sy vrou Jean-Marie, Jamie (4) en Brinley (1).

Newspapers in English

Newspapers from South Africa