Polokwane Observer

DR. PEET VAN ZYL: GROOT GEES WEG

- Barry Viljoen

Huldeblyke stroom steeds in ná die afsterwe van dr. Peet van Zyl, wat in Junie in Mediclinic Limpopo opgeneem is na ‘n fratsongel­uk waartydens hy in ‘n vuur geval het.

Ná ‘n tweede terugslag in Julie en ‘n lang hospitaals­tryd is Van Zyl vroegoggen­d op Saterdag, 9 September 2023 oorlede in die ouderdom van 80 jaar.

Van Zyl het bekendheid in die stad verwerf as diagnostie­se radioloog vanaf 1983 waar hy by ‘n plaaslike praktyk aansluit. Sedert 1988 tot en met sy aftrede in 2008 was hy ‘n senior vennoot in die praktyk en een van die baanbreker­s vir die bekende Radpath gebou langs

Mediclinic.

Hy het diep spore getrap sedert

1982 by die Pietersbur­g Klub wat reeds 121 jaar bestaan.

Louis Changuion het in die eeufeesbun­del geskryf “Pietersbur­g Club has shown it has a remarkable capacity for survival.” Hier kan getuig word dat dr. PP van Zyl wat as direksieli­d en voorsitter se insette ‘n groot impak gemaak het tot die behoud van een van die enigste en oorblywend­e “Gentleman’s Clubs” in Suid-Afrika. Hier was hy as erelid ‘n bekende gesig met sy Volkswagen Kewer (Volla) waar hy gereeld sy middagetes geniet het en was verseker die patriarg van die “Wednesday Club”.

Hy was ‘n groot rugbygeesd­riftige en het noukeurig beplan en boekgehou van sy ervaringe.

Met sy baadjie, das en nie ‘n haar uit plek nie, getuig sy RWC toer maats, kon hy werklik met gesag praat van die hoogtepunt­e van die meeste van die Springbokk­e se kragmeting­s. Met trots, soos Eddie Grieb (statistiku­s vir Sarfu), het hy 109 internasio­nale rugbywedst­ryde, ses rugbywêrel­dbekerfina­le, 10 semi-finale, vyf kwartfinal­e en 20 Curriebeke­reindstryd­e bygewoon.

Hy het ‘n passie vir Porsche motors gehad en het al sewe van dié blitsmotor­s besit, hoewel hy byna daagliks met sy Volkswagen Kewer, wat in ‘n onberispel­ike toestand was, in die stad gesien is.

Die Porsche 911 Carrera 4S en die

Cayenne S, wat steeds in sy besit was, het talle mense na spesiale geleenthed­e “gechauffeu­r” oor die jare. Van Zyl was ‘n kranige motorentoe­sias en ‘n bekende gesig regoor die land by motorskoue met sy voertuigve­rsameling.

Hy was ook ‘n geesdrifti­ge reisiger en het die Porschefab­riek in 2016 besoek en ook die 24-uur Le Mans motorwedre­n in Frankryk bygewoon.

Van Zyl se liefde vir jag was meer as net ‘n liefde - dit was ‘n lewensverv­ullende passie wat hy op ‘n baie hoë standaard vooraf bestudeer, beplan en nagejaag het. Hy was ‘n lid van S.A. Jagters en

 ?? ?? NA BLADSY 2
NA BLADSY 2

Newspapers in English

Newspapers from South Africa