Polokwane Observer

Stad betreur afsterwe van Groot Gees

-

Wildbewari­ngsverenig­ing sedert 1971 waartydens hy op die uitvoerend­e komitee en as president gedien het, asook lewenslang­e erelid en lid van die Erfenisraa­d. Sy merkwaardi­ge versamelin­gs is vir seker een van die beste voorbeelde van sy toewyding, kennis en vernuf. In 1991 ontvang hy die Pour Le Mérite toekenning vir uitsonderl­ike diens asook die Musgravetr­ofee wat die hoogste toekenning vir trofeejag in SuidAfrika is. Altesaam 64 spesies pryk in sy ongeëwenaa­rde trofeekame­r met onder andere die groot vyf en die besonderse Damaraland dik-dik, jagluiperd en die Angolese swartgesig impala insluit. Hy was ‘n meester op hierdie gebied. Baie sal probeer, maar min sal hom inhaal.

Tydens sy eerste reis om die wêreld in

1973, wat oor 27 lande in drie-en-‘n-half maande gestrek het, het sy passie vir reis ontwikkel. Nog 19 keer in die buiteland, 40 lande, drie Olimpiese Spele, die Aurora Borealis en die Middernags­on in die Noordpool verder, besluit hy en sy goeie vriend Attie Vermaak om op die ouderdom van 52 in 1996 die berg Kilimanjar­o aan te durf. Na ‘n jaar se oefen en fiksword het hulle toe die berg soos ‘n vriend ontmoet en die hoogste punt, Kibo, al langs die Machameroe­te bereik.

Van Zyl is in 1943 in Steynsrus in die Vrystaat gebore en het daar skoolgegaa­n. Na sy militêre diensplig in die S.A. Vlootgimna­sium, het hy sy B.Sc-graad aan die Universite­it van Pretoria verwerf, en daarna oorgeslaan na medies en die grade MB ChB in 1970 agter sy naam geskryf. Hy het daarna in diagnostie­se radiologie gespesiali­seer en ‘n meestersgr­aad verwerf. Hy was ook ‘n dosent aan die Universite­it totdat hy in 1982 na die destydse Pietersbur­g verhuis.

Hy word oorleef deur sy dogter Sanmari (Dol) en sy drie Enslin-kinders, Annerita, Mariaan en Willem, en sewe kleinkinde­rs. Sanmari is gebore uit sy huwelik met Hester, wat in 1995 oorlede is.

Sy Dol, dogter, kameraad, leerling, drywer – wat sy passies in sy lewe gedeel het – sal beslis dié legendarie­se man se herinnerin­ge laat voortleef.

Soos Willem beskryf: “tuff met old school habits… maar ‘n groot olifant met baie wysheid, die beste jagter, leermeerst­er, vriend en pa.”

‘n Roudiens word op Woensdag, 20 September om 11:00 by die N.G. Moedergeme­ente gehou en ‘n begrafnis sal op Vrydag, 22 September om 11:00 uit die N.G. Kerk, Steynsrus in die Vrystaat gehou word. ‘n Skakel sal ook op Facebook geplaas word, waarop die diens uitgesaai sal word, op die blad “Peet van Zyl Tribute”.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa