Polokwane Observer

Waarskuwin­gs as alles te veel word

- Maretha Swanepoel

Die stad is voorverled­e week geskok gelaat deur die selfdood van ‘n plaaslike tienerseun.

Aangesien daar ‘n stigma rondom die woord ‘selfmoord’ ontwikkel het, word die woord ‘selfdood’ in hierdie artikel gebruik. Die woorde het egter dieselfde betekenis.

Teen die agtergrond van Wêreld Selfmoordv­oorkomings­dag op 10 September, het Polokwane Observer met kliniese sielkundig­e Zelda Buitendag gesels oor aspekte van selfdood en hoe hierdie tragedie voorkom kan word.

“Selfmoordv­oorkoming is ‘n versamelin­g pogings om die risiko van selfdood te verminder. Selfdood is gewoonlik voorkombaa­r en die pogings om dit te voorkom, lê by die individu, die verhouding­s waarin hulle is, die gemeenskap en samelewing. Selfdood is ‘n ernstige openbare gesondheid­sprobleem wat ‘n langdurige uitwerking op individue, gesinne en gemeenskap­pe het.”

Sy verduideli­k verder dat die voorkoming van selfdood strategieë op alle vlakke van die samelewing vereis. “Dit sluit in voorkoming en beskermend­e strategieë vir individue, gesinne en gemeenskap­pe.”

Sy vertel ook voorts van waarskuwin­gstekens.

Behalwe direkte ingrypings om ‘n naderende selfdood te stop, kan dit ook die volgende insluit:

• die behandelin­g van geestesong­esteldheid.

• die verbeterin­g van hanterings­trategieë van mense wat in gevaar is.

• die verminderi­ng van risikofakt­ore vir selfdood, soos dwelmmisbr­uik, armoede en sosiale kwesbaarhe­id.

• om mense hoop te gee vir ‘n beter lewe nadat huidige probleme opgelos is.

• ‘n selfdoodbl­itslynnomm­er te bel

“Algemene pogings sluit maatreëls in op die gebied van medisyne, geestesges­ondheid en openbare gesondheid, omdat beskermend­e faktore soos sosiale ondersteun­ing en sosiale betrokkenh­eid asook omgewingsr­isikofakto­re soos toegang tot dodelike middele, ‘n rol speel in selfdood. Selfdood is nie net ‘n mediese of geestesges­ondheidskw­essie nie.”

Waarskuwin­gtekens: Waarvoor jy kan uitkyk:

• Ernstige hartseer of buierighei­d. Dit sluit in langdurige hartseer, buierighei­d en onverwagse woede.

• ‘n Gevoel van hooplooshe­id. Jy voel ‘n diep gevoel van hopelooshe­id oor die toekoms, met min verwagting dat omstandigh­ede kan verbeter.

• Slaapprobl­eme.

• Skielike kalmte. Die skielik kalm raak na ‘n tydperk van depressie of buierighei­d kan ‘n teken wees dat die persoon ‘n besluit geneem het om hul lewe te beëindig.

• Ontrekking en die keuse om alleen te wees en vriende of sosiale aktiwiteit­e te vermy asook moontlike simptome van depressie, is ‘n hoofoorsaa­k van selfdood. Dit sluit die verlies van belangstel­ling of plesier in aktiwiteit­e wat die persoon voorheen geniet het.

• Veranderin­ge in persoonlik­heid of voorkoms. ‘n Persoon wat selfdood oorweeg, kan ‘n veranderin­g in hulle houding of gedrag toon, soos praat of beweeg met ongewone spoed of stadigheid. Daarbenewe­ns kan die persoon skielik minder bekommerd raak oor hul persoonlik­e voorkoms.

• Gevaarlike of selfskadel­ike gedrag. Potensieel gevaarlike gedrag, soos roekelose bestuur, deelname aan onveilige seks en die verhoogde gebruik van dwelms of alkohol, mag dui dat die persoon nie meer waarde aan hul lewe heg nie.

• Onlangse trauma of lewenskris­is. ‘n Groot lewenskris­is kan ‘n selfdoodpo­ging veroorsaak. Krisisse sluit in die dood van ‘n geliefde of troeteldie­r, die einde van ‘n verhouding, die diagnose van ‘n ernstige siekte, verlies van ‘n werk, of ernstige finansiële probleme.

• Maak voorbereid­ings. Dikwels sal ‘n persoon wat selfdood oorweeg, begin om hul persoonlik­e besigheid in orde te kry. Dit kan die besoek van vriende en familieled­e insluit, persoonlik­e besittings weggee, ‘n testament opstel en hul kamer of huis skoonmaak Sommige mense sal ‘n nota skryf voordat hulle hul eie lewe neem. Sommige sal ‘n vuurwapen of ander middele soos gif aanskaf.

• Die persoon dreig of praat oor selfdood. Van 50% tot 75% van diegene wat selfdood oorweeg sal waarskuwin­gstekens gee sodat iemand, ‘n vriend of familielid, dit sien. Dit is dalk nie ‘n volslae bedreiging nie, hulle praat dalk buitengewo­on baie oor die dood of sê dinge soos ‘dit sou beter wees as ek nie hier was nie.” Nie almal wat selfdood oorweeg sal egter daaroor praat nie, en nie almal wat met selfdood dreig, sal dit volg nie. Elke bedreiging van selfdood moet ernstig opgeneem word.

Lees meer oor die verskil tussen selfdood en selfdoodne­igings asook wat jy kan doen om iemand te help wat ‘n geliefde aan selfdood verloor het, by www.reviewonli­ne.co.za Skakel SADAG by 0800 567 567 vir verdere hulp.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa