Polokwane Observer

Voormalige Mej. SA motiveer vroue

- Maretha Swanepoel Odette Scroobyby vertel van haarar lewe.

Met Augustus wat verby is en die lente goed aan die gang, was dit weer tyd vir die jaarlikse Lentetee gehou deur die susters van die Gereformee­rde Kerk Pietersbur­g. Jaarliks word hierdie tee aangebied met die oog daarop om vroue te inspireer, te motiveer en geliefd te laat voel.

Die spreker vir Saterdag se funksie was Odette Scrooby wat in 1982 op die ouderdom van 18 jaar as Mej. Suid-Afrika gekroon is.

Odette vier hierdie jaar haar 60ste verjaarsda­g en kon vroue van alle ouderdomme inspireer en motiveer. Soos alle ander vroue het sy al ‘n paar keer in haar lewe geval, en gekies om op te staan en oor te begin.

“Soos wat jy ouer word, is jy meer gemaklik in jou vel. Jou grimering verander en jou skoene raak meer gemaklik. Jy doen dit wat jou gelukkig maak,” vertel sy.

Odette was een van vyf kinders. Haar pa was ‘n boer en haar ma ‘n grafiese ontwerper. Haar ma was ook betrokke by skoonheids­kompetisie­s en dis dan ook hoe Odette aan haar eerste kompetisie deelgeneem het.

“Ons was by Margate met vakansie en ek het, met my konserwati­ewe baaibroek en al, die titel as Mej. Margate weggestap. Die daaropvolg­ende jaar het my ma die valmerk op my knie met grimering bedek en ek het tweede in die kompetisie gekom. Ek het geleer om net myself te wees, al is dit konserwati­ef.”

Op 17-jarige ouderdom wen Odette ‘n motor toe sy die kompetisie weer wen.

“My pa moes al die pad van Johannesbu­rg af reis om die motortor te gaan haal, en hy het myy herinner dat ek steeds ‘n plaaskindk­ind is.”

“My ma het my vir Mej. Suid-SuidAfrika ingeskryf toetoe ek 18 jaar oud was en ek wasas baie verbaas om te wen. Ek hett baie mense ontmoet en wonderlike­erlike plekke gesien. Weereensee­reens het ek besef ek moetoet net wees wie ek is.”

Odette was ook onder die top 12 finalistee by die Mej. Heelalal kompetisie­s, maarr het nie deurgedrin­g naa die finale groep finalistes­te nie.

“Ek was vir 38 jaaraar getroud met Williee en het drie seuns. Hyy is onlangs oorlede enn ek het geleer om in ‘n tyd van krisisse, op te staan en voort te gaan. ‘n Vrou is soosoos ‘n leeuwyfie. Sy besit krag, is veerkragti­g,ig, beskerm haar geliefdesi­efdes en is verskaffer­s van kos en liefde. ‘n Vrou is ‘n steunpilaa­r, ‘n natuurlike leier enn kan saam met anderder vroue staan om mekaar te bemagtig. Vroueue ondersteun mekaar.”ar.”

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa