Polokwane Observer

Countryaan­d om DBV te help

- Maretha Swanepoel

Terwyl Billie Forrest, bekende Countrysan­ger se stem oor die luidpreker­s speel, kuier gaste heerlik by die DBV Countryaan­d saam. Dié aand, met Jessie Boston en Sonicka van der Westhuizen wat ook op die verhoog was, is onlangs ten bate van die DBV gehou.

Anita Blignaut, nuutverkos­e voorsitter van die DBV Polokwane raad, verduideli­k aan gaste waarom dit belangrik is om gereeld skenkings aan die DBV te maak.

“Toe Mollie Hawken oorlede is, is haar geld in ‘n trustreken­ing inbetaal. Die bepalings van die rekening is dat 60% van die opbrengs per kwartaal na die DBV gaan en 40% vir bejaardeso­rg. Dit werk vir ons uit op so R155 000 per maand, waar ons uitgawes R240

000 is. Die verskil maak ons op deur geldinsame­lingsfunks­ies en skenkings.”

Sy verduideli­k verder dat die

DBV se werk nie net met honde en katte is nie, maar dat hulle regoor die Capricornd­istrik met diere soos donkies, perde, beeste, skape en selfs hoenders werk. Hulle besoek gereeld landelike gedeeltes waar hulle toesien dat diere nie mishandel word nie.

“Sou ons by iemand kom wat hulle dier mishandel, kan ons nie die dier net eenvoudig verwyder nie. As ons nie die eienaar kan oortuig om hom aan ons te oorhandig nie, dan moet ons ‘n magistraat nader en ‘n lasbrief kry. Dit is ook om hierdie rede dat ons aandring dat mense hulle diere laat sterilisee­r. Die geld wat ons inkry dek brandstof, lone, medikasie en kos.”

Aan die einde van die aand is daar ‘n veiling gehou waar Riaan Smit en Jacques Pelser van BB Motorgroep en Sorina en Neethling Steenkamp ruim bydraes gemaak het.

Blignaut sê die aand was ‘n reuse sukses.

“Daar was 270 gaste en ons het R40 000 met die veiling ingesamel. Ons het verder R22 000 met die kaartjieve­rkope ingekry, en altesaam R62 000 se wins gemaak.”

 ?? ??
 ?? ?? Riaan Smit en Jacques Pelser van die BB Motorgroep het ‘n besonderse groot bydrae vir die DBV veiling gemaak. Hier is hulle saam met Karin Koekemoer, DBV komiteelid.
Riaan Smit en Jacques Pelser van die BB Motorgroep het ‘n besonderse groot bydrae vir die DBV veiling gemaak. Hier is hulle saam met Karin Koekemoer, DBV komiteelid.
 ?? ?? Sandy Smith en Delene Cronjé is gereed vir ‘n lekker aand. Links: Jessie Boston en Billy Forrest.
Sandy Smith en Delene Cronjé is gereed vir ‘n lekker aand. Links: Jessie Boston en Billy Forrest.
 ?? ?? Cara van der Merwe en Travis Anderson.
Cara van der Merwe en Travis Anderson.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa