Polokwane Observer

BOTSING EIS MEV. LIMPOPO; IRMA

- Maretha Swanepoel

Minder as twee maande nadat Irma Kidson as Mev. Limpopo Provinsie gekroon is, is sy Sondagogge­nd in ‘n motorongel­uk oorlede. Haar seun, Paul J Buitendag, sê sy ma het nie net die Mev. Limpopo Provinsie kroon met trots gedra nie, maar ook haar lewenskroo­n.

Irma (53) was op pad huis toe, toe die ongeluk plaasgevin­d het. Sy was alleen in die motor en is opslag dood.

“Die kop-aan-kop botsing het 00:44 Sondagogge­nd naby aan haar huis plaasgevin­d.

Volgens Paul het Irma nie ‘n maklike lewe gehad nie, met die wat sy aangeneem was en haar pa oorlede is toe sy 10 jaar oud was. Haar ma het haar en haar boetie alleen grootgemaa­k. Haar boetie is in 2006 in ‘n tref-en-trap ongeluk dood.

“Sy was ‘n wonderlike ma. Iemand wat alles vir haar kinders sou gee en doen. Sy het ‘n opregte moedershar­t gehad. Alhoewel sy baie streng was, was sy tog liefdevol en altyd daar vir ons, maar nie saak hoe laat in die nag nie. Sy kon aanvoel as daar iets verkeerd is, selfs deur net ‘n WhatsApp boodskap te lees. Sy was ook net so lief vir my vrou, Larochel, en ons twee kinders.”

Paul sê Irma het onlangs weer liefde gevind na vele hartseer die afgelope paar jaar. “Sy het nooit enige sleg in iemand gesien nie, maak nie saak hoe hulle haar behandel het nie. Sy was ‘n sagte mens wat maklik kon huil, baie emosioneel.”

Irma het deur die jare by verskillen­de prokureurs kantore gewerk en was ten tye van haar dood ‘n litigasie tikster by Henstock van den Heever Prokureurs.

“My ma en my skoonma het op dieselfde dag verjaar en ons het Dinsdag voor haar dood vir hulle ‘n lekker ete gehou. Ek verjaar net ‘n paar dae later en ons het gewoonlik ons verjaarsda­e saam gevier.”

Hy erken dit is moeilik om aan iets spesifiek te dink wat hy van haar gaan mis.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa