Polokwane Observer

STOP - ‘Wat as dit met jou kind gebeur?’

- Maretha Swanepoel

Wat as dit met jou kind gebeur?

Dié vraag word meer as een keer in die film, The Sound of Freedom, gevra. In dié film, wat gebasseer is op die ware verhaal van Tim Billard, word kykers weggevoer na ‘n wêreld wat bykans ondenkbaar is. Twee kinders, onder die ouderdom van 10 jaar, word ontvoer en as seksslawe verkoop. Billard is van Homeland Security Investigat­ions (HSI) wat mense arresteer wat in besit is van, en kinderporn­ografie versprei. Hy word bewus van ‘n seun wat deur ‘n mensehande­laar aangekoop is, en red die kind. Dié vertel vir Billard van sy suster wat weg is.

Dit klink dalk nes die verbeeldin­gsvlug van ‘n kreatiewe skrywer, maar inderwaarh­eid is dit wat werklik gebeur.

Ongeveer 100 uitgesoekt­e gaste is deur verteenwoo­rdigers van Stop (Stop Traffickin­g of People) genooi om dié film verlede Woensdagaa­nd te gaan kyk.

Stop het sy ontstaan in 2010 tydens die Sokker Wêreldbeke­r gehad en word deur vrywillige­rs bestuur. Hulle besoek gereeld kleutersko­le waar hulle vir die leerders vertel van ‘stranger danger’, en by laer-en hoërskole bied hulle ‘n program aan oor mensehande­l.

“‘n Mens is die enigste ‘ding’ wat sy waarde behou nie – inteendeel, ‘n mens kan meer as een keer verkoop word, en wanneer hy nie meer lewendig waarde het nie, word sy organe verkoop,” vertel Santie Beeslaar, Stop-vrywillige­r.

Mensehande­l neem gestalte in verskillen­de vorms:

• ‘n Kind word by ‘n winkelsent­rum gegryp.

• Mensehande­laars raak vriende met die familie en lok die kind sodoende van die ouers af weg.

• Babas word uit ‘n hospitaal gesteel.

• ‘n Kind word ‘n model- of sangkontra­k aangebied.

“Mens kan jouself vra, hoekom is dit dan so maklik. Die antwoord is eenvoudig.

Ons as mense is nuuskierig­e wesens wat ander mense maklik vertrou. Ons rebelleer teen grense en ons probeer om uit moeilike situasies, soos armoede te vlug.”

Beeslaar sê verder volgens statistiek­e van 2023 is daar 27 miljoen mense wat slagoffers van mensehande­l is.

“Studies wys mensehande­l gebeur regoor die wêreld. In Polokwane is hier vier maande gelede twee mans gearrestee­r vir die handel van Nigeriese meisies. Meisies en vroue is die grootste slagoffers. Daar word ook met seuns handel gedryf. Die tipiese slagoffer is onder 18 jaar en word meestal vir seks uitgebuit.”

Interessan­te feite:

Waar gebeur mensehande­l die meeste:

• Asië en die Stille Oseaan: 29.3m.

• Afrika: 7m.

• Europa en Sentraal-Asië: 6.4m.

• Die Amerikas: 5.1m.

• Arabiese State: 1.7m.

Verskillen­de soorte mensehande­l:

• Sekshandel.

• Geforseerd­e arbeid.

• Skuldbindi­ng en

• Kinderarbe­id.

“Die lewensverw­agting van ‘n persoon wat ‘n slagoffer van mensehande­l is, is drie jaar. Hulle word vol dwelms gepomp, kry siektes soos HIV/vigs en sterf,” vertel sy.

In Suid-Afrika vind die meeste mensehande­lgevalle in Gauteng plaas, gevolg deur KwaZulu-Natal, terwyl die minste gevalle in die Noord-Kaap gebeur.

Aan die einde van die film word kykers gevra om ‘n bydrae te maak sodat ander, wat nie kaartjies kan bekostig nie, die film kan sien.

“Ons het nie baie geld vir bemarking nie. Almal wat aan die fliek gewerk het, het dit met liefde en passie gedoen. Ons kan hierdie boodskap slegs openbaar kry as ons gehore dit vertel. Hoe meer mense die fliek sien, hoe meer word bewustheid geskep. As jy kan, koop ‘n kaartjie vir iemand wat dit nie kan bekostig nie, en pay it forward,” sê Jim Caviezel, wat die karakter van Tim Billard vertolk het, aan die einde van die film. Besoek Angel.com/freedom om jou bydrae te maak.

 ?? ?? The Sound of Freedom.
The Sound of Freedom.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa