Polokwane Observer

Back-a-Buddy om te help met twee kinders se operasies

- Maretha Swanepoel

Amelia en haar nefie Johan Venter kort beide dringende operasies. Inlas: Die wond op Johan se been.

Met haar twee blonde boksterte en heldergroe­n oë lyk Amelia Venter op die oog af na ‘n gesonde driejarige kleuter.

Tog, nadat sy skaars ‘n paar treë kombuis toe gehardloop het, hyg sy so dat jy sou dink sy het ‘n maraton afgelê.

Haar ouma, Henna Venter, sê sy is twee weke gelede met pulmonale klepstenos­is gediagnose­er.

Dit beteken die klep in die pulmonêre slagaar is baie styf en laat dus nie genoeg bloed deur na die hart se regtervent­rikel toe nie.

“Dokters het voorheen gesê daar is nie fout nie, maar toe sy onlangs ‘n maagvirus opgedoen het, was dit tydens hiérdie besoek aan die dokter dat hulle agtergekom daar is fout. Sy moet binne ses maande ‘n hartoperas­ie ondergaan om te verhoed dat sy hartversak­ing kry aangesien haar hart oortyd werk.”

Amelia is een van Osieteddie­s

Kleinkindo­ntwikkelin­gsentrum se kleuters en Henna sê die skool help baie om Amelia rustig te hou.

“Sy eet soos enige ander kleuter en is eintlik baie besig. Toe sy jonger was, het sy baie geslaap, meer as normaal. Die toestand kan aangebore wees, maar ons kan nie met sekerheid sê nie.”

Amelia se operasie gaan die familie kort duskant R250 000 beloop, en daar is reeds R36 000 ingesamel.

Amelia is egter nie die enigste lid van die familie wat ‘n dringende operasie moet ondergaan nie.

Haar sewejarige nefie, Johan, mag moontlik die gebruik van sy been verloor nadat hy dit in Januarie op die plaas beseer het.

Die wond het septies geraak en hy is met sepsis artritis in die Pietersbur­g Provinsial­e Hospitaal opgeneem. Toe sy ma die toestand van die hospitaal en hulle behandelin­g sien, het sy vir Johan laat ontslaan en het die familie geld ingesamel om die wond by een van die privaat hospitale te laat skoonmaak.

Henna vertel dat die been nooit regtig herstel het nie.

“Daar steek steeds splinters been by die wond uit. Ons was onlangs weer by die dokter wat ons na ‘n spesialis verwys het. Hier is bevind Johan het osteomiëli­tis en dit beteken hy het ‘n beeninfeks­ie wat deur bakterieë of swamme veroorsaak word. Die dokter het aanbeveel ons moet so gou as moontlik weer opereer.”

Johan verduur deurgaans pyn, wat erger is wanneer die wond skoongemaa­k word.

X-straalplat­e dui aan dat Johan se been gebreek is, maar dié breuk kan eers later herstel word.

Johan droom daarvan om ook, soos sy maats in gr. 1, te kan rondhardlo­op en rugbyspeel. Hy mis skool soms, maar ‘n juffrou stuur vir hulle die werk, het

Henna vertel. Die operasie wat hy moet ondergaan beloop rondom R150 000 by ‘n privaat instelling.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa