Polokwane Observer

Nuwe lewe vir Martha Hofmeyr

- Maretha Swanepoel

Demensie is ‘n gevreesde siekte wat gewoonlik in die later jare by

‘n persoon gediagnose­er word – ‘n toestand wat die geheue, aandag, taalen probleemop­lossingsve­rmoë aantas. Sommige demensiely­ers kan steeds gesprekke voer, terwyl ander in hulle gedagtes verdwaal raak.

Die natuur het dikwels die manier om ‘n mens rustig te maak, en by die SAVF Martha Hofmeyr is daar ‘n saal spesiaal vir demensiely­ers ingerig.

In 2018 het die Toyota Knights ‘n tonnel langs die demensiesa­al opgerig met groente.

Die instandhou­ding van die tonnel het egter mettertyd agteruitge­gaan, maar in Februarie vanjaar het die bestuur besluit om dit weer op te knap.

“Daar is ‘n deur vanuit die demensiesa­al waardeur die pasiënte kan beweeg na die tuin waar die tonnel geleë is toe. Hulle hou daarvan om buite te wees. Daar is ook ‘n hek wat gesluit word sodat die pasiënte nie kan wegraak nie,” vertel Marietjie Smit, die waarnemend­e bestuurder by die SAVF.

‘n Paar maande later het twee leerders van Oosskool, wat finaliste in die Mnr. en Mej. Oos-kompetisie was, Tyron Engelbrech­t en Beandri Redelinghu­ys, Marietjie genader en gevra hoe hulle van hulp kan wees.

Marietjie het vir hulle gesê van die plan om die tonnel weer in ‘n werkende toestand te kry, en die twee, saam met hulle ouers, het aan die werk gespring.

“Hulle het die tuin rondom die tonnel skoongemaa­k en nuwe plante aangeskaf. Daar is plaveisel gelê sodat die rolstoele makliker kan beweeg en selfs bankies op strategies­e plekke gesit sodat die inwoners rustig in die tuin kan sit. Hulle het ook vir ons ‘n paar koeltebome geskenk.”

Binne-in die tonnel kan hulle help om die beddings in stand te hou en selfs van die vrugte pluk en eet. Die bestuur beplan om ‘n tipe koffiedrin­karea te maak waar familie saam met pasiënte kan kuier.

 ?? ?? In die tonnel in die demensietu­in. Inlas: Van die nuwe plante in die tuin.
In die tonnel in die demensietu­in. Inlas: Van die nuwe plante in die tuin.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa