Polokwane Observer

Nuwe SEB-vereistes ‘n slag vir boere

- Barry Viljoen Die voorsitter van Saai se direksie dr. Theo de Jager.

Die onlangs afgekondig­de Swart Ekonomiese Bemagtigin­g (SEB)-vereistes vir uitvoere sal rampspoedi­ge gevolge hê vir familieboe­rderye en sal oor die korttermyn landbou-uitvoere, en oor die mediumterm­yn, boere se mededingen­dheid vermink.

Dit is die mening van dr. Theo de Jager, voorsitter van die direksie van die SuiderAfri­ka Agri Inisiatief (Saai) en ‘n gerekende leier binne die georganise­erde landbou.

Volgens De Jager lê boere se besware oor die nuwe regulasies op drie vlakke, naamlik beginselpr­obleme, besigheids­probleme en praktiese probleme.

De Jager sien die beginselpr­obleem daarin dat dit moeilik gaan wees om SEB in ’n familieboe­rdery toe te pas.

“Dit kan moeilik genoeg wees vir ’n pa en ’n seun om saam te boer, of vir neefs, wat nog te sê ’n swart vennoot wat op ’n boerdery afgedwing word,” meen De Jager en voeg by dat as die regulasies so toegepas word dit sou beteken dat individuel­e families die rekening vir ’n nasionale transforma­siedoelwit moet dra, terwyl die staat klaaglik daarmee misluk het.

“Soveel miljoene wat die staat al vir dekades deur die Agri-SEB Fonds in die ontwikkeli­ng van swart boere belê het, het nog nie daartoe gelei dat hulle ’n beduidende bydrae tot die omset op plaaslike of internasio­nale markte kon maak nie. Die ondoeltref­fendheid van 29 jaar se landbou-ontwikkeli­ngsprogram­me van die staat en die vernietige­nde impak van SEB in die openbare sektor en in die staatsonde­rnemings kan nie in ons voedselste­lsel geduld word nie,” sê De

Jager.

“Op besigheids­vlak was grondhervo­rming bedoel om gelyke geleenthed­e vir alle boere te skep, maar 25 jaar ná die afsnypunt vir grondeise het die staat nog nie eers ’n lys daarvan opgestel nie, terwyl hulle lankal reeds ’n klas van

kompeteren­de swart boere moes geskep het. Nou verplaas hulle die verantwoor­delikheid na familieboe­re wat reeds in ’n swak beleidsomg­ewing, waar daar teen hulle beslis word, teen die beste produsente in die wêreld vir rakspasie moet meeding,” meen De Jager.

Volgens De Jager hang onafgehand­elde grondeise al dekades oor die koppe van boere in Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal en trek dit die handrem op verdere beleggings op.

“Daar is reeds in 2010 met die staat ooreengeko­m dat plase met onafgehand­elde grondeise van alle SEB-vereistes vrygestel moet word omdat geen belegger sal belangstel in ’n plaas as hy nie seker is of dit oor ’n jaar of twee dalk oorgedra sal word nie. Dis nooit gedoen nie,” sê De Jager.

Volgens De Jager is die winsmarges in boerdery onder druk. “Boere kan dit nie bekostig om opgeblaasd­e insetpryse aan SEB-ondernemin­gs te betaal as hulle beter kwaliteit teen goedkoper pryse by goedgevest­igde insetversk­affers kan kry nie. Klein en medium boerderye het nie die luuksheid om bestuurder­s aan te stel vir hulle velkleur nie – hulle moet vermoë, ervaring, kwalifikas­ies en ywer ook in ag neem.

De Jager meen dat landbou-organisasi­es wat hulle inkomste, bestaansre­g of mandate hoofsaakli­k van landboubes­ighede kry, in praktyk meer inskiklik is om die regering se rasse-ideologie te ondersteun want hulle kan die las van SEB-vereistes bekostig, en vry graag na die welwillend­heid van die regering.

“Hulle argument dat SEB-vereistes al jare lank kom, dat hierdie betrokke uitvoerbep­erkings vir gunstige tariewe op sap en ingelegde produkte in die EU en VK geld, en dat dit in elk geval nie behoorlik toegepas word nie, is ’n drogredena­sie. Dit maak SEB-vereistes op familiebes­ighede nie minder absurd nie, dit maak die skade van SEB aan die ekonomie nie minder rampspoedi­g nie, maar dit tas die beginsel aan dat handelsbep­erkings op grond van ras ’n fundamente­le ongeregtig­heid verteenwoo­rdig.

“SEB-vereistes vir die uitvoere van landboupro­dukte sal geen goeie uitkomste hê nie. Dit plaas landbou op dieselfde pad as Denel, die SAL, die SABC en openbare gesondheid­sorg. Die skade word gou te omvangryk om dit weer te herstel. Saai sal in elke plaaslike en internasio­nale forum, in howe en multilater­ale agentskapp­e van die VN en die Afrika-unie daarteen baklei,” verseker De Jager.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa