Polokwane Observer

Top toekenning vir plaaslike advokaat, Cindy Marais

- Maretha Swanepoel

Advokaat Cindy Marais glo dat om te stagneer, baie vervelig kan wees.

Met hierdie wete in gedagte maak sy seker sy deel haar verantwoor­delikhede tussen haar familie, haar werk en haarself.

Cindy het haar hoërskooll­oopbaan aan Hoërskool Noorderlan­d voltooi waarna sy by ‘n prokureurs­praktyk as liasseerkl­erk aangesluit het.

“Ek het glad nie daaraan gedink om regte te studeer nie. Ek wou altyd ‘n vlieënier word, maar daar was nie geld om voltyds te studeer nie. Nou, meer as 20 jaar later, weet ek, ek het nie hierdie beroep gekies nie, maar die beroep het my gekies.”

Sy onthou hoe sy, met aanmoedigi­ng van die prokureur waar sy gewerk het, haarself binne maande opgewerk het tot litigasiet­ikster.

“Dit alles het gebeur binne ‘n jaar vandat ek by die praktyk begin werk het. Die prokureur het gehelp om my vir die studies in te skryf en my ook geregistre­er om my kandidaatk­lerkskap daar te voltooi. Ongelukkig het sy firma kort daarna toegemaak en hy het verhuis. Dit is as danksy hom dat ek vandag is waar ek moet wees.”

Cindy erken haar ure is lank en sy werk onder druk in ‘n stresvolle omgewing.

“As waarnemend­e regter in die hooggeregs­hof, moet jy maar weet dat jy elke dag iemand gaan hê wat vir jou vies is, want daar stap nie twee gelukkige partye uit die hof nie. Net een gaan waarskynli­k gelukkig wees met jou uitspraak.”

Cindy het onlangs ‘n She Millionair­e Africa Business Toekenning gewen.

“Dit was ‘n groot verrassing toe die organiseer­ders my laat weet ek is genomineer. Ek het eers gedink iemand trek nou weer my siel uit. Dit was ‘n nog groter verrassing toe ek wen. Ek het dit glad nie verwag of gesien kom nie.”

Cindy het die Women in Law-toekenning ontvang.

She Millionair­e bemagtig vroulike entreprene­urs in Afrika deur hulpbronne, ondersteun­ing en geleenthed­e te verskaf om suksesvoll­e besighede te bou en ‘n positiewe impak op hul gemeenskap­pe te maak.

“Ek dink om enige tipe erkenning of toekenning te kry, gaan nie so erg oor jou loopbaan nie, maar eerder die wete dat ons op die regte pad is, nog harder moet probeer, sodat ons Sy plan vir ons lewens kan vervul, en om jou eie potensiaal ten volle te probeer

bereik.”

 ?? ?? Cindy Marais met haar Women in Lawtoekenn­ing.
Cindy Marais met haar Women in Lawtoekenn­ing.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa