Polokwane Observer

‘Baie goeie jare in die onderwys’

- Maretha Swanepoel

Om ‘n onderwyser te wees is nie net ‘n beroep nie, maar ‘n passie en ‘n leefwyse. En om ‘n grondslagf­ase-opvoeder te wees, verg volgens die wat weet ‘n goeie skoot geduld.

Geduld is gelukkig een van Oosskool-onnie Annamart Dorfling se eienskappe wat haar sedert haar eerste onderwyspo­s destyds by Laerskool Steenbokpa­n ‘n bedrewe juffrou gemaak het.

“Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie. Dit was ‘n plaasskool en so ongekompli­seerd, ek was baie opgewonde oor dié pos,” vertel sy.

Juffrou Annamart tree vanjaar af na ‘n lang en verrykende loopbaan in die onderwys.

Sy stap in 1999 die eerste keer by Oosskool in, na 17 goeie jare by Generaal Piet Joubert. In dié jaar, vertel sy, het sy haar 40ste verjaardag gevier en besluit dis tyd vir ‘n nuwe uitdaging.

Sy het lank vir gr. 1’s en gr. 3’s klasgegee, maar haar loopbaan sluit vanjaar af in die gr. 2-klas.

Sy het reeds van ‘n jong ouderdom af geweet sy wil na skool met kinders werk, toe sy en haar sibbe skool-skool gespeel het.

Alhoewel skoolhou vir haar tweede natuur was, vertel sy dat sy destyds ‘n model-aanbod gekry het, en B.Sc verbruiker­swetenskap oftewel huishoudku­nde, sou ook ‘n goeie opsie kon wees.

“Hierdie is die regte tyd vir my om af te tree. Om skool te hou was beslis wat ek gedink het dit sou wees, maar daar was daaglikse uitdagings waarby ons moes aanpas. ”

Soos met enige ander beroep vind daar gedurende die jare baie veranderin­ge plaas.

Vir Juffrou Annamart het die grootste uitdagings aan die einde van haar loopbaan gekom asook saam met wat sy beskryf as die nuwe generasieo­uers en leerders.

“Lank terug was skoolhou sorgvry. Daar was baie tyd vir speel en terselfder­tyd leer, veral met apparaat, sandtafels en dies meer. Nou is die kurrikulum so besig, dit is amper nie meer moontlik om so te speel nie.”

Tegnologie speel deesdae ‘n rol ook in die onderwys, vertel sy, en om daarby aan te pas is nie vir almal maklik nie.

Sy lag en sê sy is beslis een van dié wat “lank voor die rekenaar begin werk het”.

“Jy moet egter bybly, maak nie saak of jy oud of jonk is nie. Elke dag is ‘n leerskool.

Gelukkig is daar baie kundiges en kursusse wat gevolg kan word, en ek is nie skaam om te vra as ek nie weet nie.”

Soms moet leerders gemotiveer word en Juffrou Annamart leer leerders “om die beste jy te wees”.

Dissipline as altyd ‘n belangrike aspek in haar klas, omdat sy van orde hou.

“Daar was ‘n beloningst­elsel in plek waar leerders op verskeie maniere positiewe punte kan verwerf wat dan later op hulle rapporte reflekteer. Sou een van die leerders probleme ondervind, sit ek en die ouers om ‘n tafel en hanteer die probleem op ‘n positiewe manier waarna ons ‘n oplossing probeer vind. Indien die probleem ernstig is, word verskeie kundiges geraadplee­g. Al die partye moet inkoop in die proses.”

Net soos ander onderwyser­s moes Juffrou Annamart deur die jare betrokke raak by buitemuurs­e aktiwiteit­e.

Sy sê sy was betrokke by atletiek, netbal en tennis en het ‘n drilpeloto­n gehad wat

10 jaar agtereenvo­lgende kompetisie­s gewen het. Die laaste paar jaar het sy die verskeie sosiale funksies van die skool behartig.

“Skoolgee het my geleer om plat op die aarde te bly en opgewonde te wees vir elke bietjie vordering wat

‘n leerder behaal. Daar is baie geleenthed­e vir elke leerder om iewers betrokke te wees.”

Vir nou gaan sy en haar man, Stef, vakansie buite seisoen hou, skerts sy.

“Ek gaan

‘n leerkursus bywoon, kreatief wees, skilder en ons kleinkinde­rs bederf.”

Gaan jou goed,

Juffrou Annamart!

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa