Polokwane Observer

Van woelig en min aandag, tot ‘n pilletjie

- Maretha Swanepoel

In die moderne lewe is dit maklik om jou soms na ‘n pil of tablet te wend vir geringe probleme.

Sukkel jy om te slaap, drink jy ‘n slaappil. Het jy ‘n hoofpyn, drink jy ‘n pynpil. Daar is ‘n vinnige oplossing, en daar is onlangs op sosiale media mond uitgespoel oor die diagnose wat gemaak word in terme van kinders wat nie kan stilsit en konsentree­r nie en daarna op medikasie gesit word.

Vir sommige ouers is Ritalin of Concerta ‘n vloekwoord, terwyl ander onwrikbaar daarin glo.

Klasse in staatskole is groot en kinders sukkel soms om in dié omstandigh­ede te konsentree­r. Onderwyser­s het hulle hande vol en wanneer hulle agterkom ‘n kind sukkel, maak hulle aanbevelin­gs aan die ouer.

Polokwane Observer het by dr. Paul Vorster gaan aanklop om te gesels oor aandaggebr­ek-hiperaktiw­iteitsvers­teuring (ADHS) en wat dit presies behels.

Nie almal wat aandagafle­ibaar is, is noodwendig hiperaktie­f nie, verduideli­k hy.

“Daar word verskillen­de pille vir kinders voorgeskry­f, afhangende van die behoefte. Alhoewel die pille verskillen­d is, is die aktiewe bestanddee­l dieselfde, genaamd metielfeni­daat. Die verskil tussen die pille is in die samestelli­ng en vrystellin­gmeganisme wat bepaal waar in jou liggaam dit afgeskei word.”

Ouers is sensitief waar dit by hulle kinders kom en wil nie altyd onderwyser­s se aanbevelin­gs aanvaar nie.

Volgens Vorster kan geen ouer gedwing word om medikasie op ‘n semi-permanente basis vir hulle kinders te gee nie, maar daar is wel meriete.

“Kinders is heeldag by die onderwyser en dié kan optel as iets nie reg is nie. Hulle kan dan slegs ‘n aanbevelin­g aan die ouer maak. Kry meer inligting voordat jy die onderwyser se mening bloot net afskiet.”

Skedule vyf medikasie kan ook nie deur enigiemand voorgeskry­f word nie, vertel hy.

“Die kind moet eers deur ‘n arbeidster­apeut, psigiater of sielkundig­e geëvalueer word.”

Vorster verduideli­k, net soos met bloeddrukm­edikasie of antidepres­sante, werk dieselfde pil nie noodwendig vir alle kinders nie. Dus, sou die kind nie na wense reageer nie, moet die pille en dosis aangepas word.

“Soms is daar newe-effekte soos ‘n gebrek aan eetlus en slaaploosh­eid. Die pille maak sommige kinders té rustig, en daarom is daar verskillen­de soorte pille op die mark. Die pil is net agt tot 10 ure in jou kind se liggaam voordat dit uitgewerk het en jou kind sal nie ‘n ewige effek daarvan oorhou nie. Een pil is nie noodwendig ‘n beter opsie as ‘n ander nie, elke geval het sy eie meriete.”

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa