Polokwane Observer

Hier is ‘n speseryree­ks met houding

-

Speserye gee kleur, geur en smaak aan kos, en dikwels ook aan jou lewe. Stap jy iewers in waar daar kos voorberei word, en die geure verwelkom jou, is jy gewoonlik sommer dadelik honger.

Speserye word by bykans enige gereg gevoeg. By Ludri en Corneli Rautenbach is daar ‘n vertrek waarin speserye in botteltjie­s in die donker gestoor word. Op die tafel in die sitkamer wag 10 botteltjie­s speserye en ‘n bakkie met komkommer.

“Dit is vir later, wanneer jy proe. Komkommer smaak neutraal en is dus die beste manier om die speserye te proe,” verduideli­k Ludri.

Ludri is allergies vir glutien en was op soek na ‘n glutienvry­e spesery. Nadat hy met ‘n kliënt gepraat het, het die droom om self die speserye te verkoop begin en in November 2022 ontvang hulle die eerste bestelling.

“Dit was eers net braai-, slaai-, tjips- en boereworss­peserye. Ons het dit self verpak en die etikette opgesit. Daarna het ons alles uitgedeel om mense bekend te stel aan die produk,” sê Ludri.

Ludri sê die naam, Tha’ Spice, het ‘n lekker Suid-Afrikaanse gevoel op die tong en weerspieël hulle beleid dat alles wat hulle gebruik eg Suid-Afrikaans is.

Nou is daar 11 verskillen­de geure waarvan Worcesters­ous die topverkope­r is.

Die nuutste en tweede gewildste spesery is die Chilli Sprinkle. Die 11de spesery in die rakkie is ‘n Chilli Bite spesery.

Mense wat hulle eie boerewors, biltong en chilliesto­kkies maak, kan gebruik maak van die kg-pakke speserye in Ludri se speserykam­er.

“Ek is elke Dinsdag by André Kock & Seuns Veilings waar die produkte beskikbaar is. Dit word ook in plaaslike winkels soos FoodZone Ladanna, XFuels, R&G Meats en Kera’s Meat and Deli Corner verkoop. Ek beoog om dit by markte in die stad ook te verkoop. Dit is belangrik om te weet die resep wat in ons speserye gebruik word, is nes soos ons oupas en oumas se resepte, en baie gewild.”

 ?? ?? Maretha Swanepoel
Maretha Swanepoel

Newspapers in English

Newspapers from South Africa