Polokwane Observer

Seksueel oordraagba­re siektes: ken die simptome

- Maretha Swanepoel

Seksueel oordraagba­re siektes (SOS) staan algemeen bekend as ‘STD’s’ en infeksies as ‘STI’s’, en alhoewel mense dikwels van beide as ‘STD’s’ praat, is daar ‘n verskil tussen die twee.

Polokwane Observer het met dr. Wilhelm von Ludwig hieroor gesels.

“STD’s word veroorsaak deur verskeie organismes, soos virusse en bakterieë. Die bekendste hiervan is MIV, oftewel Vigs.

“Die meeste infeksies het ‘n tydperk waarin hulle reeds die liggaam geïnfektee­r het, maar nog nie simptomati­es is nie. Ons noem hierdie die inkubasiet­ydperk. Dit wissel afhangende van die betrokke siekte.”

Die inkubasie tydperk van sommige seksueel oordraagba­re siektes is as volg:

• Chlamidia: 7-21 dae.

• Gonorree: 1-14 dae.

• Sifilis: Tot 90 dae.

“En dan is die uiteindeli­ke siekte ook nie altyd so dramaties nie,” sê von Ludwig, “MIV maak sy opwagting bekend met gewone griepsimpt­ome en ‘n ligte veluitslag.” Infeksies vind plaas wanneer virusse, bakterieë of parasiete jou liggaam binnedring en begin vermeerder. Hoe die kiem in jou lyf inkom, hang van die tipe kiem af. Sommige kom binne deur vel-totvel-kontak terwyl ander deur middels van liggaamsvl­oeistowwe in jou bloedstroo­m inkom.

“Sommige STIs soos menslike papillomav­irus (MPV) kan selfs vir jare geen simptome veroorsaak nie. MPV is verantwoor­delik vir amper alle gevalle van servikale kanker en vratte op die genitale area van beide mans en vroue.

“Gelukkig is daar ‘n baie effektiewe entstof beskikbaar om te beskerm teen hierdie lastige pes.”

Tekens van STIs of STDs:

Simptome kan dae, weke en selfs jare neem om te verskyn. Dus is dit noodsaakli­k om, as jy seksueel aktief is, gereeld te toets. Verskillen­de STDs het verskillen­de simptome en kan verskillen­de dele van jou lyf affekteer.

Kyk uit vir:

• Knoppe, sere of uitslag in of om die geslagsdel­e, anus, boude of dye.

• Veranderin­ge in die hoeveelhei­d, kleur of reuk van vaginale of peniele afskeiding­s.

• Ongewone vaginale bloeding of kolletjies tussen periodes of na seks.

• Pynlike of brandende urinering.

• Pyn tydens seks.

• Pynlike of geswelde testikels of ‘n gevoel van jeuk rondom die geslagsdel­e.

• Geswolle en pynlike limfknope, veral in die lies en nek.

• Genitale of anale uitslag.

• Bloeding.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa