Polokwane Observer

Veearts Cornelis sluit aan by Wolkberg Diereklini­ekspan

- Maretha Swanepoel

‘n ‘Township’-hondjie is boaan Cornelis Pauw (25) se wenslys vir wanneer hy en sy vrou, Melise, die dag besluit om vir hulle ‘n troeteldie­r aan te skaf.

Pauw het onlangs by die Wolkberg Diereklini­ek se span as veearts aangesluit, waar hy vir die volgende jaar die gemeenskap se diere gaan help.

Hy het grootgewor­d in Pretoria waar hy skool gegaan het, en daarna by die Universite­it van Pretoria (Tuks) by

Onderstepo­ort aangesluit.

“Om ‘n veearts te word was nie altyd my droom nie, maar ek geniet die fisiese wetenskapp­e en het iewers tussen gr. 9 en gr.

11 finaal besluit om in hierdie rigting te gaan.”

Melise is ook

‘n veearts en is tans besig met haar staatsdien­sjaar in Bochum. Die twee het op universite­it ontmoet en onlangs getrou.

Cornelis sê hy verkies om met produksied­iere soos skape, bokke en beeste, te werk.

“As veearts is dit lekker om met die babahondji­es te speel, maar ek hou daarvan om voorkomend­e behandelin­g toe te pas. Ek wil dit wat ons kan verander om ‘n siekte te voorkom, toepas. Ek hou van kuddegeson­dheid.”

Hy meen dit is ‘n slegte ervaring om te sien hoe ‘n dier ly en dan uitgesit moet word.

“Ek was onlangs by ‘n persoon met ‘n skaap wat se poot in verbande toegedraai was. Toe ons dit oopmaak, het sy voet en onderbeen sommer afgekom. Ons kon nie hierdie dier red nie. Om te sien hoe ‘n dier keelaf gesny word, is ook nie lekker nie. ‘n Mens leer maar jou emosies beheer.”

Nadat hy ‘n paar minute gedink het, sê hy die vreemdste ding wat hy al gesien het, was ‘n bees met ‘n misvormde gesig wat ‘n normale lewe gehad het. Cornelis is ook van mening dat opregte troeteldie­re baie meer probleme het, en daarom is sy raad om eerder ‘n straatbrak of ietwatmind­er-opregte Flaffie aan te skaf. In sy vrye tyd spandeer hy tyd saam met Melise. Hulle is ook lief vir voëlskyk en lees.

Volgende jaar gaan hy met eksotiesee­n wilde diere werk by ‘n praktyk wat ook in produksied­iere gaan spesialise­er.

 ?? ?? Dr. Cornelis Pauw saam met Wolkberg Diereklini­ek se kat, Oreo.
Dr. Cornelis Pauw saam met Wolkberg Diereklini­ek se kat, Oreo.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa