Polokwane Observer

André sterk aan; familie sê dankie vir ondersteun­ing

- Maretha Swanepoel

André Fourie (50) is twee weke gelede met ‘n gewas op die brein gediagnose­er en 12 maande gegee om te lewe.

Gelukkig het André nie gaan lê nie, maar ‘n tweede opinie ingewin en binne ‘n paar dae is hy in die Cintocare-sentrum in Pretoria geopereer om die gewas te verwyder.

Dié operasie, was ‘n groot sukses. Nadat hy uit die teater gestoot is, is hy na die intensiewe­sorgeenhei­d waar hy ‘n paar uur deurgebrin­g het.

Die Here het voorsien en André geseën met ‘n goeie dokter.

Oorspronkl­ik sou André twee dae in dié eenheid moes deurbring, maar hy is dieselfde middag reeds na die hoësorgeen­heid geskuif.

Dit was ook nie baie lank nie, of hy is na ‘n gewone saal geskuif.

Na slegs vier dae is André ontslaan en kon hy terugkeer na Polokwane waar sy dogters vir hom gewag het.

André se skoonsuste­r, Marina, sê die uitdagings was groot, maar

elkeen daarvan is oorwin.

“Ons moes ‘n dokter kry wat bereid was om te opereer en daarna het ons slegs twee dae gehad om ‘n astronomie­se bedrag in te samel.

“Die Here het voorsien en André geseën met ‘n goeie dokter en vriende wat hom dra in gebed.

Ons het ook al die geld betyds ingesamel.”

Die oggend van die operasie het die sjirurg vir André se ma, Ria, en broer, Drickus gesê hulle moet nie bekommerd raak as die operasie tot in die aand verloop nie, dit is ‘n moeilike operasie van bykans ses ure, maar na slegs drie-en-‘n-half ure is André uit die teater gestoot.

“Daar is ongeloofli­ke krag in gebed ons glo en vertrou vir nog wonderwerk­e in sy herstelpro­ses. Weereens baie baie dankie vir elkeen wat bid saam met ons en elke bydrae.”

Drickus het aan Polokwane Observer gesê dat dit goed gaan met André.

“Ons het die onkoloog gesien om sy verdere behandelin­g te bespreek. André ondergaan ook fisioterap­ie en gaan binnekort met arbeidster­apie begin.

“Daar is nog nie veel verbeterin­g met die verlamming nie, maar daar is oomblikke wat dit wil lyk asof André vordering maak.”

 ?? ?? André Fourie saam met sy dogters, Juanel en Leandré.
André Fourie saam met sy dogters, Juanel en Leandré.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa