Polokwane Observer

Boere leer by kenners, sien uit na veiling

- Barry Viljoen

In die aanloop tot die jaarlikse Bonsmarave­iling wat op 10 Mei by Mockford Farms sal gehou word, het boere Vrydag gesellig by die plaas se veilingskr­ale vergader om tydens die Ysterberg Veestudieg­roep se boeredag meer te leer oor sake van belang vir veral beesboere.

Die studiegroe­p se voorsitter, Helgaard Wentzel het die verrigting­e geopen en die gaste en sprekers verwelkom.

PG Strauss van VKB het die boere bemoedig deur te benadruk dat sukses steeds moontlik is te midde van risiko en onsekerhei­d. “Dit is belangrik om te onthou dat 70% van ‘n krisis binne jou beheer is, terwyl net 30% ekstern is. Wat belangrik is, is wat jy daarmee maak en my boodskap is om die risiko en krisis om te draai en dit te omskep in ‘n geleenthei­d,” het hy gesê.

NTK se streekdire­kteur, Goosen Lombard het verduideli­k hoe VKB en NTK ineenskake­l en veearts Johan Cloete het ‘n praktiese bespreking oor onder andere entstowwe gelewer.

Na verversing­s geniet is, het et landbou-ekonoom prof. Johan an Willemse interessan­te data met die boere gedeel en Sietze tze Smit en Lukas Eksteen het ‘n praktiese beesbespre­king gelei.

Boere sien veral uit na die jaarlikse Bonsmarave­iling wat binnekort gehou word en volgens Bonsmarate­ler

Pieter Wentzel beloof vanjaar se veiling om weer ‘n uitmuntend­e pakket van uitsoekvee op te lewer.

Altesaam 16 bulle, 18 drie-in-een lotte, 42 dragtige e verse, 51 oop verse en drie dragtige koeie is reeds deel van die katalogus en al die diere wat aangebied word, word vooraf gekeur deur Danie Olivier, ‘n senior Bonsmarake­urder.

Diere van Mockford Farms, Wenberg Bonsmara, Neustadt Boerdery, JD Venter Bonsmara, Gold Creek Ranch, Bonsmit Bonsmara, Arthur Blofield, Beefridge Bonsmara, Zander Barnes en Bosbult Bonsmaras sal beskikbaar wees.

“Ons wil diere aanbied wat deur elke boer onmiddelik in sy kudde

gebruik kan word om ‘n bydrae te lewer tot die verbeterin­g van sy kudde.

Daarom is daar tydens die keuringspr­oses gekonsentr­eer op eienskappe soos gewenste bouvorm, strukturel­e korrekthei­d, reproduksi­e en vrugbaarhe­id,” verduideli­k Pieter en voeg by

dat lede daarna streef om deur kundige en ervare seleksie, bogemiddel­de vroulike teeldiere beskikbaar te stel aan ‘n mark wat met sekerheid hul kuddes met top teelmateri­aal kan aanvul. Topbulle met goeie erfdwang, manlikheid, vrugbaarhe­id, aanpasbaar­heid en konformasi­e aangebied om

die genetika van kopers se kuddes te verbeter. “Verder word verseker dat die diere voldoen aan bio sekerheids­vereistes asook minimum entingsvoo­rskrifte .

“Elke kudde is getoets vir besmetlike misgeboort­e (BM) en tuberkulos­e (TB) asook bek-enklouseer,” sê Pieter.

 ?? ?? Leon van Dijkhorst en Helgaard Wentzel van die Ysterberg Veestudieg­roep met sprekers Sietze Smit, Lukas Eksteen, prof. Johan Willemse en Goosen Lombard. Links: Veearts dr. Johan Cloete dui aan waar dit die beste plek is om ‘n bul in te spuit.
Leon van Dijkhorst en Helgaard Wentzel van die Ysterberg Veestudieg­roep met sprekers Sietze Smit, Lukas Eksteen, prof. Johan Willemse en Goosen Lombard. Links: Veearts dr. Johan Cloete dui aan waar dit die beste plek is om ‘n bul in te spuit.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa