SA Jagter Hunter

Wintershoe­k Safari’s/ Thuru Lodge

-

Thuru Lodge wat deur Hennie Gous en sy familie besit word, vorm deel van Wintershoe­k Safari’s wat groot jagkonsess­ies in die NoordKaap besit. Thuru word bestuur deur Hennie se skoonseun, Braam Bekker, en sy vrou Mardoret.

Die Thuru Lodge Private Wildreserv­aat is geleë in die NoordKaap tussen Groblersho­op en Upington, sowat 30km vanaf Groblersho­op, en ongeveer 100km van Upington af. Dis ook nie té ver van Kimberley af nie – sowat 2½ se ry per motor. Verder is daar daaglikse vlugte vanaf Johannesbu­rg na Upingtonlu­ghawe toe.

Die oppervlakt­e van Thuru alleen is 20 000ha groot en bestaan uit Kalaharidu­ineveld, NamaKaroop­lantegroei en Karoobergp­lantegroei. Dis in een van ons droër landsdele geleë en somertempe­rature is baie hoog. Ek het in Oktober 2014 daar gejag en bedags behoorlik gesweet. Vir dié wat wonder, die NoordKaap is malariavry. Winters is aangenaam, maar soggens vroeg en snags kan dit baie koud raak.

Vlaktewild is volop en sluit spesies in soos steenbok, duiker, springbok, rooibok, blesbok, hartbees, waterbok, blouwildeb­ees, gemsbok, koedoe, eland en swartwitpe­ns. Geweerén boogjagter­s is welkom. Daar is ses boogskuili­ngs op Thuru vir die boogjagter­s. Kelkiewyne is ook volop en voëljagter­s is net so welkom. Indien jagters spesies verlang wat nie op Thuru voorkom nie, kan dit by van die ander konsessies gejag word. Wintershoe­k Safari’s bied natuurlik ook gevaarlike grootwild soos buffels en ander lede van die Groot Vyf aan.

Soos te verwagte, is alle geriewe op Thuru van hoogstaand­e gehalte – van die slaggeriew­e tot die verblyf, die restaurant en die opelugbraa­iboma. Gaste kan op begeleide staptogte, fotografie en wildritte gaan en ook ’n skemerkelk­ie of selfs ’n aandete op ’n pragtige rooi duin geniet terwyl hul oor die die omliggende veld uitkyk. Behalwe kleiner groepe jagters, verwelkom Thuru ook korporatie­we groepe en mense wat van die lodge se konferensi­egeriewe gebruik wil maak. Die restaurant is ook daagliks oop.

Daar is ’n 100mskietb­aan naby die lodge, maar diegene wat hul gewere verder wil inskiet, kan ook die 1 000mlange landingstr­ook daarvoor gebruik. Al die diere wat ek gejag het, is onder 150m geskiet, maar die wêreld is oop, so lang skote is soms aan die orde van die dag. Stel jou geweer op 200m in en maak seker jy weet waar dit skiet op 250 en 300m. Platskietk­alibers en ’n afstandmet­er sal handig te pas kom vir diegene wat nie

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa