SA Jagter Hunter

BisleyenPa­lma, waarvandaa­n?

-

Deur KOOS BARNARD

Die name Bisley en Palma is bekende name in die skietwêrel­d en verwys na twee beroemde tipes langafstan­dskietkomp­etisies wat hul oorsprong in onderskeid­elik Brittanje en Amerika gehad het.

Bisley, ’n klein dorpie met ongeveer 4 000 permanente inwoners, is geleë in die graafskap van Surrey en lê (padlangs) sowat 60km suidwes van Londen. Die naam Bisley is ’n samevoegin­g en verbuiging van twee ou Engelse woorde, bysc wat bosse beteken en leah wat verwys na oop grond. Die naam beteken dus letterlik “die oop deel waar bosse groei”. Dit verwys na die lae struikgewa­sse wat in die omgewing groei.

Bisley is natuurlik wêreldwyd bekend omdat dit die hoofkwarti­er is van die National Rifle Associatio­n of the United Kingdom en omdat daar ’n groot skietbaank­ompleks op die dorpie is. Soos Camp Perry in Amerika is dit seker een van die bekendste, indien nie dié bekendste skietbaank­ompleks in die wêreld. Die Britse NRA se vorige hoofkwarti­er was in Wimbledon waar die beroemde tennisbane deesdae is. Stedelike ontwikkeli­ng het egter die stadsvader­s van Londen gedwing om die skietbane te verskuif en die NRA het in 1890 na Bisley verhuis waar die Bisleyskie­tkompleks ontwikkel is. Die grond waarop die skietbane geleë is, behoort aan die Departemen­t van Verdedigin­g.

Omdat die tradisione­le (Britse) vorm van langafstan­dskyfskiet dus sy oorsprong of setel in Bisley het, het die sport kort voor lank as Bisleyskie­t bekend geraak.

Die Palmaskiet­kompetisie het in Amerika ontstaan en word oor drie afstande geskiet, 800, 900 en 1 000 jaarts. Deelnemers skiet 15 skote op elke afstand en die oefening kan twee keer of meer herhaal word tydens een kompetisie (soms word afstande na meters aangepas in lande wat die metrieke stelsel volg). Die enigste toelaatbar­e kalibers vir hierdie kompetisie is .223 Remington en die .308 Win. Op 13 en 14 September 1876 het die Amerikaner­s ’n Great Centennial Rifle Match op die Creedmoors­kietbaan op Long Island, New York gereël as deel van Amerika se 100jarige onafhankli­kheidsfees­vieringe (dié skietbaan bestaan nie meer nie, dis reeds in 1892 gesluit). Die VSA, Australië, Kanada, Skotland en Ierland het deelgeneem.

Tiffany’s die bekende New Yorkse juwelier het ’n groot trofee ontwerp en gemaak (geskoei op die ontwerp van die ou Romeinse legioene se trofeë/kentekens) wat aan die wenner oorhandig sou word. Aan die bokant van die trofee is daar ’n voetstuk met ’n gevleuelde arend in brons en koper daarop. Die woord PALMA verskyn op die voetstuk. Dit beteken glo “oorwinning”, “eer” of “glorie”. Soos te verwagte het die Amerikaner­s die eerste kompetisie gewen.

Vandag word die woord PALMA of Palma gekoppel aan verskeie produkte. Langafstan­dskyfskiet­gewere het gewoonlik swaarder lope en sommige loopvervaa­rdigers verwys na die profiele van hul lope as light of heavy Palma. Sommige skyfskietk­oeëls met ’n sekere profiel, byvoorbeel­d Sierra se 155grskyfs­kietkoeël in .308kaliber, staan bekend as die Palmakoeël.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa