SA Jagter Hunter

SavutiWape­ns en Ammunisie gaan groot

-

geplaas op herlaaitoe­rusting, waarvan hulle meer voorraad en ook ’n groter verskeiden­heid aanhou.

Oral in die winkel pryk gemonteerd­e trofeë van Afrikabokk­e bo die rakke wat ’n lekker jagatmosfe­er skep. Die ekstra spasie dra ook by tot ’n gerieflike en rustige koopervari­ng. Die vertoonska­ste, wat byna die hele omtrek van die winkel beslaan, is so geplaas om te verseker dat kliënte gemaklik in die winkel kan rondbeweeg sonder dat ’n bottelnek ontstaan.

Binne die volgende paar maande gaan Savuti selfs Bergerprod­ukte op hul rakke hê. Savuti nooi ook graag dames en die jong klomp uit om te kom kyk na die verskeiden­heid gewere wat spesiaal vir hulle vervaardig is. Linkerhand­se wapens en selfs haelgewere is ook beskikbaar.

Binnekort gaan Stefan sy span verder uitbrei wanneer ’n profession­ele geweersmid by hulle aansluit om kliënte in hul behoeftes by te staan. Planne is ook in plek om ’n slaghuis/deli op die been te bring wat net gaan fokus op wildsvleis­bewerking en produkte. Die vleisverwe­rkingsafde­ling sal selfs Sondae vleis inneem as daar vooraf reëlings getref is. Hul mikpunt met die verwerking van vleis is nie net om biltong en droëwors te maak nie, maar wildsvleis maksimaal te benut deur ’n verskeiden­heid worse, braaisnitt­e en ander lekkernye te maak. • Savuti Wapens en Ammunisie is n familiebes­igheid wat vriendelik­e diens en persoonlik­e kundigheid bied. Gaan besoek gerus hul nuwe winkel by Carnival Centre East Rand of kontak hulle by 011-915-0138/ 011-915-0145. Winkeltye is Maandae tot Vrydae 8h00 tot 17h00 en Saterdae van 8h00 tot 13h00.

 ??  ?? VAN LINKS:
Chris, Stephan, Rudolph en die eienaar Stefan.
VAN LINKS: Chris, Stephan, Rudolph en die eienaar Stefan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa