SA Jagter Hunter

Knaldemper – doen-dit-self

- TurnerWilk­inson

Ek oorweeg al vir ’ n geruime tyd om my .22geweer met ’n knaldemper toe te rus. My Brno is 57 jaar oud en nog in uitmuntend­e toestand. Die feit dat ek wesenlike veranderin­ge daaraan sou moes aanbring, het my altyd daarvan weerhou om vir dié geweer ’n knaldemper te kry.

So ’n paar maande gelede het ’n dringende verwikkeli­ng my gedwing om dié saak te heroorweeg en met “dringend” bedoel ek dat daar nie eens tyd was om die geweer in te handig by ’n geweersmid om die nodige werk te laat doen nie. Die geweer moes die volgende dag operasione­el wees mét ’n knaldemper. Ná ’n sessie voor die rekenaar het ek besluit om eerder die doenditsel­f (DDS) roete te volg aangesien nie een van die Googleplan­ne oortuigend gelyk het nie. betaal vir dit wat ek gebruik het, het my vriend my toegevoeg toe ek soos ’n warrelwind by die deur uit is.

Ek het begin deur ’n rowwe skets te teken van wat ek wou maak en toe die komponente uitgepak soos wat ek dink dit sou werk. Die doel was om ’n expansion chamber te maak, waarin die gasse wat die loop verlaat vasgevang kon word, terwyl die projektiel onverhinde­rd voortsnel na die teiken. Daar moes ook ’n skot of baffle wees, ’n ander vriend wat knaldemper­s uit staal bou, het my verseker dat een skot vir ’n .22geweer genoeg sou wees. My eerste poging was gelukkig suksesvol en ek het dit die volgende dag met welslae gebruik, maar daar was ’n paar tekortkomi­nge (onder meer dat die demper skeef gedruk word as dit per abuis teen iets stamp en dit veroorsaak dat die koeëltjie die demper tref, wat onakkuraat­heid en ’n stukkende demper tot gevolg het). Die resultaat van die oorspronkl­ike een was egter bevredigen­d genoeg om my verder te laat eksperimen­teer. Dit het gelei tot die baie bruikbare knaldemper wat ek hier voorhou.

 ??  ?? 32mm, PVC-prop – 25mm, PVC-bus ( PVC-koppelstuk ( – 32mm, PVC-prop ( –
– 32x25mm, PVC-bus – 32x15mm, staanpyp – 15mm.
32mm, PVC-prop – 25mm, PVC-bus ( PVC-koppelstuk ( – 32mm, PVC-prop ( – – 32x25mm, PVC-bus – 32x15mm, staanpyp – 15mm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa