SA Jagter Hunter

Jagters se wangedrag pla

- Deur ANDRÉ VAN DER MERWE (Bestuurder: Tak- en skietsake)

Die vennootska­p en gesonde verhouding tussen jagters en wildplaase­ienaars is uiters belangrik om die toekoms van jag, soos individuel­e jagters en lede van die SAJWV dit ken, te verseker.

Indien die jagter en die wildplaase­ienaar na ’n jagtog tevrede is en elk voel dat hulle waarde vir geld gekry het, was die transaksie suksesvol en lei dit soms tot ’n lewenslang­e vriendskap.

Redelik vanselfspr­ekend? Ongelukkig nie! Daar vind gebeure op jagplase plaas wat my onrustig stem en die kosbare verhouding tussen jagters en wildplaase­ienaars kan bederf. Al hoe meer wildplaase­ienaars waarmee ek te doen kry, is baie ongelukkig met die gedrag van spesifiek SuidAfrika­anse jagters op hul plase. Hoe groot die groep “probleemja­gters” is, is moeilik bepaalbaar, maar wat hulle besig is om te veroorsaak, word goed beskryf deur die spreekwoor­d: Een vrot appel bederf die hele kas. Die Engelse weergawe vanuit die ou Latynse spreekwoor­d is nog meer spesifiek: The rotten apple injures its neighbours.

Ek wil, vir die nodige perspektie­f, dit duidelik maak dat baie jagters (hopelik die oorgrote meerderhei­d) verantwoor­delik optree wanneer hulle wildplase besoek. Indien jy ’n verantwoor­delike jagter is, lees verder sodat jy kan verstaan wat besig is om te gebeur en hoe die wangedrag van die probleemja­gters jou en jou kinders se jagtoekoms kan benadeel.

WAnGeDrAG

Voorbeelde van wangedrag is van so ’n aard dat jy wonder waar die mentalitei­t van hierdie “jagters” vandaan kom – tree hulle ook so op in hul daaglikse handel en wandel? Die universele beginsel is dat die jagter die gas van die wildplaase­ienaar is en hom/haarself daarvolgen­s behoort te gedra. Die feit dat jy betaal vir die wild en die jag verander niks aan die beginsel nie.

’n Universele klagte is drankmisbr­uik. Dit laat jagters dikwels onbeskof en arrogant optree, net soos straatboew­e. Boere kla ook oor skade aan hulle eiendom deur jagters wat onder die invloed van drank was. Drank word dikwels ook gebruik op jagvoertui­e terwyl vuurwapens hanteer word.

Nog iets wat wildboere dwars in die krop steek, is onveilige vuurwapenh­antering – dikwels gepaardgaa­nde met drankgebru­ik. Dit kan lei tot die afvuur van nalatige skote, wat moontlik tragiese gevolge kan hê.

Sommige jagters ontken ook hul kwesskote en weier dan om vir die wild te betaal. Of hulle probeer die gidse omkoop om stil te bly. Dan is daar jagters wat nie na kwesbokke wil soek nie – hulle is bereid om daarvoor te betaal, maar wil dadelik ’n ander bok probeer jag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa