SA Jagter Hunter

In my visier

-

Jag. Ja, dis wat ’n hele klomp gelukkiges alreeds hierdie jaar gedoen het – ten spyte van die feit dat jagtyd se koue oggende nou eers luilui begin ontwaak doer onder in die verre suide. Oral waar ek gaan, hoor ek hoe mense verneem na jagpryse en jagplekke. Die koors loop hoog ten spyte van aanduiding­s dat jagters in 2015 die hand dieper in die sak sal moet steek. Kyk jy na pryslyste wat tot dusver bekend gemaak is, is dit duidelik dat veral rooibokke en blesbokke hierdie jaar geen ontsag vir jou kredietkaa­rt gaan hê nie. ’n Gesonde getal manne beplan om Duitswes toe te ry. Met die goeie brandstofp­ryse, sê hulle, is dit die moeite werd om anderkant die Oranje hul jagvure te loop aansteek.

’n Paar manne kla dat hul gereelde jagplekke nie meer beskikbaar is nie. Die eienaars gaan glo hierdie jaar eerder hul bokke veilings toe ry, want die pryse is daar veel hoër as wat jagters bereid is om te betaal.

Terwyl ons nou op die onderwerp van jagpryse is. Moenie die wild boer wil kielhaal en kruisig as hy die maksimum geld vir sy wild probeer kry nie. Die konsultant, dokter, werktuigku­ndige, versekerin­gsmaatskap­py, prokureur, Eskom, loodgieter, tuindienst­e, die kafee op die hoek, noem maar op, almal van ons doen presies dieselfde. Ons lewe in ’n vryemarkst­elsel. Gaan soek ’n ander jagplek as Boer B te veel vra na jou sin. Alhoewel ons kla, ek inkluis, moet ons besef dat ons jagpryse nog van die heel beste in die wêreld is.

Soos in die verlede het 2014 ook sy kwota rioolrotte opgelewer – jagters wat hulle nie kan of wil gedra die oomblik as hulle onder Mamma se wakende oog uit ontsnap het nie. Ek het die afgelope tyd rillerstor­ies oor jagters se gedrag gehoor. Nie hoorsê nie, feite! Kan jy dan ’n boer kwalik neem as hy nie weer ’n klomp raserige, onverantwo­ordelike, vernielsug­tige dronkgatte op sy plaas wil hê nie? Jagters wys dikwels die vinger na boere, maar dis hoog tyd dat ons voor ons eie deur vee. André van der Merwe spreek dié aspek aan in hierdie uitgawe.

Soms wonder ek wat het van jagters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa