SA Jagter Hunter

Minox – meer as “spaai” speel

- Deur KOOS BARNARD

“Minox spioen speel?” vra julle, “hoe so?” Om Minox se “spaai-spelery” te verstaan, moet ons terug gaan na die ontstaan van dié maatskappy. Dit het als begin toe ene Walter Zapp, ’n Baltiese Duitser in 1936 ’n piepklein kameratjie ontwerp het wat hoë-kwaliteit foto’s kon neem.

Walter en sy vriende, Nikolai Nylander en Richard Jürgens het koppe bymekaarge­sit oor die bou van ’n mikro-kamera. Hulle het geglo dat daar ’n nismark is vir so ’n kamera, aangesien baie mense gedurig ’n kamera by hulle sal wil dra (amper soos vandag se slimfone). Zapp het toe so ’n kamera ontwerp en dis uiteindeli­k van 1936 af vervaardig, eers in Riga en toe later in Duitsland naby die dorp Wetzlar. Nikolai Nylander het blykbaar die naam Minox uitgedink vir hul maatskappy en dis hoe dit vandag nog bekend staan.

Hierdie piepklein kamera het noodwendig ook die aandag van verskeie regerings se veiligheid­sinstansie­s getrek en die Minox-kameratjie is gedurende die Koue Oorlog in verskeie Westerse en Oosbloklan­de deur agente gebruik.

Minox het tot 1974 toe hoofsaakli­k gekonsentr­eer op die bou van hierdie mikro- en ander tipe kameras waarna hulle begin uitbrei het om ander optiese produkte ook te vervaardig. Leica het Minox in 1996 gekoop, maar in 2001 is Minox weer gedeelteli­k uitgekoop en in 2005 het hulle alle bande met Leica verbreek. Sedertdien fokus Minox op ander optiese produkte as kameras, soos byvoorbeel­d verkykers en geweertele­skope.

Tans vervaardig Minox (wat steeds in Wetzlar gesetel is) ses verskillen­de teleskoopr­eekse, elk met ’ n verskeiden­heid modelle waarvan sommiges se kruishare kan verlig. Volgens Minox se webblad word twee van die teleskoopr­eekse in Duitsland vervaardig, een in Amerika en die res elders.

DIE TOETS

Ek het in 2015 ’n 3-15x50 ZA- model getoets op ’n 9.3x62 en was nogal beïndruk met die teleskoop. Die L&O-groep, die plaaslike agent vir Blaser en Mauser, is ook die Minox-agent en hulle het vroeg in 2016 twee van hulle ZE i-modelle vir ’n produktoet­s beskikbaar gestel, ’n 3-15x56 en ’n 5-25x56. Johannes Schoeman het dieselfde 5-25x56 op sy Blaser in 6mm XC getoets en daarmee tot op afstande van 700m geskiet.

My eerste indrukke van hierdie teleskope was dat hulle groot en swaar is – die 3-15x50 weeg 790g en die 5-25x56, 845g. Gegewe hierdie gewig is dit duidelik dat hierdie twee teleskope meer geskik sal wees vir baan/kompetisie­skuts en/of voorsitjag­ters, as diegene wat stapjag beoefen.

Die boukwalite­it lyk goed en beide teleskope het ’n swart satynafwer­king. Beide is ook toegerus met Minox se fyn BDC- kruishaar wat ekstra afmikmerki­es verskaf vir afstande tot op 700m (op 100m intervalle). Die kruishaar is geleë by die tweede fokuspunt in die teleskoopb­uis, wat beteken dat die afstande tussen die afmikmerki­es groter raak (relatief tot die teiken) as die vergroting kleiner gedraai word.

Soos bykans alle teleskope met vergroting­s meer as 12x het die Minox’e ’n ekstra stelknop op die stelknopsa­al vir parallaksv­erstelling – van 50m tot oneindighe­id.

Iets waarvan puntenerig­e mense nie sal hou nie, is dat die stelknop vir hoogte se merkies nie mooi ooreenstem met die nul-indeks nie, met ander woorde die merkies en die nul-indeks lyn nie mooi op nie en die ratjies van die stelknop is só gevorm dat dit nie opgelyn kan word nie (ek én iemand anders het probeer). Terwyl ons by die stelknoppe is; die klikke of verstellin­g is positief, maar hard en laat jou sodoende soms per ongeluk meer as een klik aandraai. Daar is ook ’n effense speling tussen die klikkies. Wat ek egter dadelik moet byvoeg, is dat die verstellin­gs presies en herhaalbaa­r was op beide teleskope en dis wat eintlik tel.

Een klikkie verskuif die trefpunt met 1cm op 100m. Vir jagdoelein­des is dit heeltemal »

 ??  ?? Minox se 3-15x56 ZE5i op ‘n Remington-geweer in .30-06.
Minox se 3-15x56 ZE5i op ‘n Remington-geweer in .30-06.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa