SA Jagter Hunter

Wuhlf stel nuwe laaigraafb­ybehore bekend

-

Die jongste toevoeging tot Wuhlf se produkreek­s is hulle bielie van ’n mulcher. Dié ontbossing­sgereedska­p pas vooraan die ZA20F6 Buffel 74kw-laaigraaf.

Nes al Wuhlf se produkte, is die mulcher plaaslik ontwerp en vervaardig. Die eenvoudige ontwerp en meganika van die snyer maak enige onderhoud maklik en operateurs­opleiding is vinnig.

Die mulcher is spesifiek ontwerp om veldbestuu­r maklik te maak en is in staat om sekelbos en soortgelyk struike en jong bome, met ’n stamdikte van soveel as 150mm, kaf te draf. Trouens, die mulcher sny struike en sekelbos tjop-tjop op in stukke van so 150mmx30mm. Ontbossing vir landskapbe­stuur, voorbereid­ing vir nuwe paaie, brandpaaie en veiligheid rondom geboue, is soveel makliker met die mulcher wat in ’n japtrap vooraan Wuhlf se Buffel haak.

Wanneer die snyer struike takel soos ’n warm mes wat deur botter sny, moet ’n mens maar uit die pad uit staan soos die houtsplint­ers spat. ’n Skutraam bied goeie beskerming vir die operateur en enige werk kan veilig verrig word.

Diegene wat reeds Wuhlf se ZA20F6 Buffel op die werf het, betaal slegs R125 000 (BTW uitgesluit) vir die mulcher.

’n Kombinasie van die Buffellaai­graaf en mulcher beloop R545 000 (BTW uigesluit). • Navrae: Kontak Coert Steenberg by 084-247-0804 of stuur ’n boodskap na sales@wuhlf.co.za. Kyk ook op www.wuhlf.co.za of www.landbou.com na ’n video wat presies wys hoe die ZA20F veldbestuu­r makliker maak.

MEER OOR WUHLF

Wuhlf het in 2005 onder die maatskappy­naam, QualiProd, begin. Sedertdien is dié vervaardig­er van betroubare, bekostigba­re swaardiens­toerusting herdoop na Wuhlf. Die produkreek­s sluit in industriël­e, selfaanged­rewe laaigrawe, vurkhysers met bybehore en onderdele. Die maatskappy is in Montana, Pretoria geleë.

 ??  ?? operateur teen enige Veiligheid is belangrik en ’n skutraam beskerm die
van 450rpm en kan projektiel­e. Die Wuhlf- draai teen ’n spoed
metgemak afsny. struike en jong bome met ’n stamdikte van 150mm
operateur teen enige Veiligheid is belangrik en ’n skutraam beskerm die van 450rpm en kan projektiel­e. Die Wuhlf- draai teen ’n spoed metgemak afsny. struike en jong bome met ’n stamdikte van 150mm
 ??  ?? Die Wuhlf- is een van vele ruilbare bybehore wat op die ZA20F6 Buffel 74kwlaaigr­aaf pas.
Die Wuhlf- is een van vele ruilbare bybehore wat op die ZA20F6 Buffel 74kwlaaigr­aaf pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa