SA Jagter Hunter

As die handskoen jou pas

- Deur KOOS BARNARD

Alhoewel ons mense in Suid-Afrika nie gereeld handskoene dra nie, is ’n paar handskoene altyd ’n handige item om te besit. Handskoene word meestal geassosiee­r met koue weer, maar hulle kan vir veel meer aangewend word as om jou hande warm te hou.

Handskoene kan jou hande beskerm teen uitermatig­e hitte (byvoorbeel­d as jy braai) of as jy doringtakk­e of ander skerp voorwerpe moet han- teer. Dit kom handig te pas as jy skielik ’n motor se band moet omruil of enige ander noodherste­lwerk moet doen terwyl jy in jou kisklere staan en water nie geredelik beskikbaar is om jou hande agterna te was nie. Kortom, handskoene beskerm jou hande teen veel meer as net koue weer en elke jagter se bakkie kort ten minste een paar beskermend­e handskoene.

Ons het onlangs die geleenthei­d gekry om na verskillen­de modelle handskoene van Mechanix Wear te kyk en hulle uit te toets. Ons keuse het geval op ligte beskermend­e handskoene vir algemene gebruik en twee pare wat ook heel goed diens sal kan doen as skiethands­koene.

Hierdie maatskappy maak handskoene vir letterlik elke aktiwiteit waaraan ’n mens kan dink, selfs handskoene wat beskerming bied teen uiters hoë temperatur­e soos renmotors se bande en remskoene.

Die modelle wat ons onder oë gehad het, was die Original, ’n ligte veeldoelha­ndskoen van sintetiese leer en materiaal; die 0.5mm Original, ’n ligte en baie dun veeldoelha­ndskoen vir wanneer jy dieselfde beheer wil hê soos met kaal hande en vingers; die Grip, waarvan die palmgedeel­te met klein rubberknop­pies (Armortex Grip) bedek is »

 ??  ?? Bell Machine Tool van Johannesbu­rg is die amptelike agent vir Mechanix Wear-handskoene. Ons het ‘n paar modelle getoets.
Bell Machine Tool van Johannesbu­rg is die amptelike agent vir Mechanix Wear-handskoene. Ons het ‘n paar modelle getoets.
 ??  ?? Die M-PACT het stroke silikoonru­bber by die vingergede­elte en die wysvinger se kneukel om jou hand teen
stampe te beskerm.
Die M-PACT het stroke silikoonru­bber by die vingergede­elte en die wysvinger se kneukel om jou hand teen stampe te beskerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa