SA Jagter Hunter

Ontmoet die ‘nege-drie’

- Deur HENDRIK VAN DER SCHYFF

Die 9.3x62, een van die beste medium-kalibers ooit is deur die Duitser Otto Bock ontwikkel en in 1905 bekend gestel. Hierdie kaliber het sy ontstaan grootliks te danke aan die behoefte van Duitse boere en ander wat in die voormalige Duitse kolonies in Afrika gebly het.

Hierdie boere moes nie net vir die pot jag nie, maar ook gereeld gevaarlike grootwild aandurf in hul pogings om die wilde, “donker” kontinent te tem. Leeus het hul vee gevang en hul gesaaides het gereeld onder verskeie wildsoorte, onder andere olifante deurgeloop.

Vir hul behoeftes sou ’n slotaksie-geweer wat vier of vyf patrone in die magasyn neem ideaal wees. Dubbelloop-gewere was in daardie tyd gewild vir die jag van gevaarlike grootwild, maar dubbels was duur – die Duitse immigrante het ’n bekostigba­re, maar duursame geweer gesoek met genoeg vuur- en slaankrag om Afrika te tem.

Teen daardie tyd (1905) het die Mauser Model 98 homself al oor en oor bewys op slagvelde rondom die wêreld en dit was dus net die logiese keuse vir Bock se nuwe kaliber. En so het die ontwerp (die Model 98 Mauser) wat oorspronkl­ik vir militêre doeleindes geskep is, een van die gewildste tipe gewere in die jagvelde van Afrika en Europa geraak.

Hoe Bock by die ontwikkeli­ng van die 9.3x62 uitgekom het, kan ’n mens maar net raai, maar ek glo hy het twee van die bekende kalibers van daardie tyd as riglyne gebruik, naamlik die 9.3x57 en die 9.3x74. Die 9.3x74, waarvan die dop ’n rand of rim het, is ontwikkel vir dubbel-, enkelskoot- en kombinasie­gewere. Dit lanseer ’n 286gr-koeël teen nét oor die 2 100vps en het ’n goeie reputasie as jagkaliber opgebou. Op sy beurt het die 9.3x57, wat op die dop van die 8x57 geskoei is, sy 286gr-koeël teen so ongeveer 2 050vps gevuur. Dit was ’n kaliber wat baie goed op kortafstan­d gewerk het en kon in lekker kompakte gewere gehuisves word.

Die lang 9.3x74-dop was nie geskik vir die standaard-M98aksie nie en die 9.3x57 het net te min slaankrag gehad vir gevaarlike grootwild. Ek glo dus dat Otto Bock die 9.3x74 en 9.3x57 met mekaar gepaar het om by sy wenkombina­sie van die 9.3x62 uit te kom. Hoe dit ook al sy, Otto Bock het sy nuwe 9.3-patroon op die oorlogbepr­oefde Mauser M98-slotaksie gebou en siedaar, Mauser inkorporee­r Bock se patroon en dit raak bekend as die 9.3x62 Mauser of in kort, 9.3mm Mauser. Hierdie nuwe 9.3 was (is steeds) in staat om ’n 286grkoeël teen 2 360vps te lanseer.

Ek dink die 62mm-dop het die “evolusie” van die moderne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa