SA Jagter Hunter

WILLIE BRITZ – ’n Cheetah wat jag

- Deur KOOS BARNARD

Ons het hom leer ken as die man met die wilde, blonde maanhaar, die vurige losvoorspe­ler wat nie skroom om boots and all in te klim en meer as sy beste te gee nie. Alhoewel hy in die Noord-Kaap op skool was en na skool sy rugby in Bloemfonte­in begin speel het, is dit by die Leeus waar Willie Britz behoorlik bekend geraak het.

Hy het ook onlangs in Japan gaan rugby speel en is sedert die begin van 2016 weer ’n Vrystater wat vir die Cheetahs beskikbaar is. Maar Willie is nie net ’n bekende rugbyspele­r nie, hy is ook ’n entoesiast­iese jagter en uitgesprok­e oor volhoubare benutting deur jag. Dit is goed dat bekendes soos Willie opstaan vir jag en dit verdedig. Ons het meer sulke mense nodig om die vaandel van jag te help dra en aan die wêreld te wys dat jag vandag die beste manier van bewaring is.

Maar laat Willie Britz in sy eie woorde meer oor homself en sy jagpad tot nou toe vertel.

“My liefde vir jag het op laerskool reeds begin in die Kalahari op my eerste amptelike jag saam met my pa, Willem Britz, en sy goeie vriend, oorlede oom Kobus Haumann. Ek en Kobus jr. het saam met ons ouers die Haumanns se plaas, net anderkant Kuruman, besoek waar ons twee jonges as die amptelike verversing­skommandan­te aangestel is.

“Daar op Kobus Haumann se plaas het ek gesien hoe my pa die enigste twee bokke in sy lewe skiet – twee gemsbokke. My pa is wel nie lief vir jag nie, maar hy is ’n baie goeie skut. Dit was op daardie jag dat ek vir my pa gesê het ek wil ook eendag jag.

“Ek het nog my hele lewe lank ’n passie vir die natuur en dierelewe gehad. Ons het grond gehuur net buite Jacobsdal waar my pa met bees geboer het terwyl ek op hoërskool was in Kimberley in Diamantvel­d

BHoërskool. Na skool het my pa ’n stukkie grond buite Bloemfonte­in gekoop en daar met skaap geboer. Dit het my passie vir die natuur en dierelewe net meer aangewakke­r. »

 ??  ??
 ??  ?? Willie Britz op die skietbaan met sy Howa-swaarloop .243 Win.
Omdat hy nie e enige ander kalibers besit nie, het Willie tot nou toe sy .243 Win soms op groter vlaktewild gebruik. Versigtige en goeie skootplasi­ng het k kwesskote verhoed. Hy gaan egter...
Willie Britz op die skietbaan met sy Howa-swaarloop .243 Win. Omdat hy nie e enige ander kalibers besit nie, het Willie tot nou toe sy .243 Win soms op groter vlaktewild gebruik. Versigtige en goeie skootplasi­ng het k kwesskote verhoed. Hy gaan egter...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa