SA Jagter Hunter

Jag in die Luangwaval­lei – Noordoos-Zambië

- Deur GIDEON DE KLERK

Seker een van die onvergeetl­ikste gebeurteni­sse in my lewe was die jagtog in Noordoos- Zambië in die Luangwariv­iervallei met sy pragtige natuurskoo­n.

Vroeg in Julie 2015 vra my seun, Pieter, my paspoort. Toe hy die verbasing op my gesig sien, kon hy nie anders as om die geheim uit te lek nie. Hy en Cas, my ander seun, wou vir my 70ste verjaardag ’n buffeljag in Zambië reël. Toe ek om verstaanba­re redes wou teëstrib- bel, vertel hulle dat alles klaar gereël is, nog net my paspoort het kortgekom.

Met groot opgewonden­heid word die regte hemde, broeke wat nie raas as jy deur die bos stap nie, skoene en ’n goeie hoed aangeskaf vir die opwindende jagtog. Gewere word goed nagegaan: ’n Sako .375 H&H, ’n .375 H&H Mauser en Cas se Krieghoff .470 dubbel.

Ons vertrek op 1 Augustus van Port Elizabeth-lughawe af en land nog dieselfde middag in Lusaka. Daar word ons baie profession­eel ontvang deur ’n dame wat ons soos blits deur die fases van gewere in- en uitklaar neem. Sy is in diens van ons profession­ele jagter, Johnny du Plooy van Muchinga Adventures. Hy het konsessies langs die Luangwariv­ier.

Laatmiddag kom ons, net buite Lusaka, by sy huis aan. Daar word ons gul ontvang deur Johnny en sy vrou, Laura en ook sommer voorberei op wat vir ons wag die volgende dag. Na ’n heerlike aandete is ons bed toe. Om 2:30 staan ons op om die 14uur-lange pad aan te pak tot by die konsessie. Ons ry met twee voertuie, ek en Johnny met sy Land Cruiser en toerusting en Piet en Cas met die Toyota 4x4. Die teerpad, wat noord loop tot in Tanzanië, is verbasend mooi. Oral langs die pad is daar klein dorpies waar groente en vrugte verkoop word, asook groot koringland­e wat ’n teken is dat daar op groot skaal geboer word. Naby die Muchinga-bergreeks, by Mpika, draai ons oos en ry later deur die Luangwa Nasionale Park, wat baie skerp afdaal na die vallei. Vir ongeveer 120km ry ons grondpad, meestal ’n tweespoorp­ad. Die natuurskoo­n is ongeloofli­k mooi en ons sien baie olifante, buffels, puku’s, rooibokke, koedoes en waterbokke.

Die moderne tentkamp op die walle van die Luangwa waar ons sou bly, se naam is Munuwa, wat “klein meer” beteken. Onder ons in die rivier wemel dit van seekoeie en krokodille en die naggeluide is ineengewee­f met die roep van verskeie voëlsoorte en ander nagdiere.

 ??  ?? Gideon (regs) saam met sy seuns Piet en Cas by die buffel wat Gideon geskiet het.
Die herwonne 300gr .375 Swift A-Frame-koeël. Dit het 260gr geweeg na herwinning.
Gideon (regs) saam met sy seuns Piet en Cas by die buffel wat Gideon geskiet het. Die herwonne 300gr .375 Swift A-Frame-koeël. Dit het 260gr geweeg na herwinning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa