SA Jagter Hunter

Regstappe teen polisie oor hernuwing van lisensies

-

Die SAJWV het ’n aansoek in die Noord-Gautengse Hooggeregs­hof gebring teen die Minister van Polisie oor die arbitrêre hantering van laat aansoeke om vuurwapenl­isensies te hernu. Met dié aansoek wil SA Jagters die staat verplig om twee artikels van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) te wysig.

AGTERGROND

Met die inwerkingt­reding van Wet 60 (nuwe wet) moes alle vuurwapene­ienaars hul lisensies voor 30 Junie 2009 hernu. Die polisie se Sentrale Vuurwapenr­egister het hierdie proses baie swak gekommunik­eer en bestuur. Ingevolge die ou wet sou alle lisensies op 30 Junie 2009 verval en terselfder­tyd ’n geraamde 1.3 miljoen mense verkrimina­liseer, bloot omdat hulle nie betyds aansoek gedoen het om hulle lisensies te hernu nie.

In Junie 2009 het SA Jagters twee aansoeke teen die polisie in die NoordGaute­ngse Hooggeregs­hof gebring. Die hoofaansoe­k het versoek dat sekere van die oorgangsma­atreëls wat in Wet 60 vervat is, ongrondwet­lik verklaar word. In ’n gepaardgaa­nde dringende aansoek is die Hooggeregs­hof versoek om alle lisensies wat ingevolge die vorige wet uitgereik is, as geldig te beskou totdat die hoofaansoe­k afgehandel is. Die doel van hierdie versoek was om te voorkom dat diegene wat nie betyds om hernuwing aansoek gedoen het nie, verkrimina­liseer word.

Die hof het die dringende aansoek in SA Jagters se guns beslis en die verkrimina­lisering van ’n groot getal mense is vermy. Die hoofaansoe­k is nooit verder gevoer nie. Eerstens omdat die polisie tot op datum nie op die funderende verklaring in die hoofaansoe­k gereageer het nie, en tweedens omdat SA Jagters dit nie werklik nodig geag het om met die hoofaansoe­k verder te gaan nie aangesien die uitspraak in die dringende aansoek sy lede se belange beskerm het.

Ná die hofuitspra­ak is verskeie gesprekke en onderhande­linge oor ’n moontlike skikking gehou, wat uiteindeli­k doodgeloop het. Vanweë goeie samewerkin­g tussen onder andere SA Jagters en die polisie, het die Sentrale Vuurwapenr­egister se dienslewer­ing stelselmat­ig verbeter, maar in 2014 weer verswak. Vuurwapene­ienaars het weereens ’n verskeiden­heid probleme met die lisensiëri­ng van wapens ondervind. Grootskaal­se bedrog in die Sentrale Vuurwapenr­egister is oopgevlek en talle personeell­ede is afgedank.

AANLOOP NA DIE HUIDIGE AANSOEK

In 2011 het die eerste vuurwapenl­isensies, wat ingevolge die nuwe wet uitgereik is, verval en moes vuurwapene­ienaars aansoek doen om dié lisensies te hernu. Weens verskeie redes, waarvan sommige sekerlik legitiem is, het baie

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa