SA Jagter Hunter

Skiet vir jouself ’n glimlag raak met dieDimensi­on

- Deur JACQUES BOSHOFF

Ek het onlangs die voorreg gehad om saam met Classic Arms se Francois van der Walt, Thompson Center se ruilbare-loop ( switch-barrel) slotaksieg­eweer, die Dimension, op ’n plaas buite Witbank (eMalahleni) te toets. Ons het dié geweer met .223 Rem-, .243 Win- en .308 Winlope geskiet op ’n windstil, maar warm dag.

Die skiettafel was ’n ou geroeste staaltafel wat vir dié doel in die veld gelos word, met ’n X- bag en ’n klein agterrus-sand- sakkie. Daar was geen stoel nie, maar ons het sommer uit kratte en bokse ’n redelike gemaklike “stoel” geprakseer. Ek verkies dit eintlik om onder normale veldtoesta­nde te skiet, dus was die geroeste tafel vir my ’n luukse.

Thompson Center se Contender, ’n enkelskoot-breeknekpi­stool wat in ’n wye verskeiden­heid kalibers beskikbaar is, is baie gewild onder handwapenj­agters. Hierdie pistole is uiters akkuraat en die kwaliteit daarvan uit die boonste rakke. Thompson Center het ook ’n groot verskeiden­heid swartkruit- gewere wat goeie waarde vir geld bied. Hierdie gewere is veral baie gewild in Amerika. Verder vervaardig Thompson Center ook ’n reeks slotaksieg­ewere wat modelle soos die Venture en die Dimension insluit. Daar sal ook binnekort ’n nuwe model, die Compass, beskikbaar wees.

Om ’n lang storie kort te maak; die Amerikaner Warren Center het in 1960 ’n breeknekak­sie ontwerp en in 1965 ’n ooreenkoms met KW Thompson Tool Company aangegaan. Twee jaar later is die Contenders amptelik bekend gestel. Smith & Wesson het Thompson Center in 2007 gekoop en is tans nog die moedermaat­skappy. Met ’n geskiedeni­s wat oor die 50 jaar strek en met ’n maatskappy soos Smith & Wesson agter die stuur glo ek nie ’n mens hoef bekommerd te wees oor Thompson Center-gewere se gehalte nie.

VREEMDE VOORKOMS

Met Thompson Center se Dimension kry jy ’n lekker geweer vir Pa én Boeta.

Wanneer jy net ’n dag het om ’n geweer te toets, is eerste indrukke baie belangrik. Ek moet bieg, op die oog af het die geweer vir my gelyk asof hy uit ’n Star Wars- rolprent kom. Die swart polimeerpl­astiek-kolf met sy abnormale vorm is iets om aan gewoond te raak. Ek hou van ’n tradisione­le houtkolf, maar hoe meer ek en Willem Nel, die geweersmid van Classic Arms, die gewere hanteer het tydens die montering van die teleskope, hoe meer het ek met nuwe oë na die Dimension gekyk. Om die geweer uitmekaar te haal en ordentlik skoon te maak, is kinderspel­etjies – jy hoef nie ’n geweersmid se kennis te hê nie. Die geweer self is baie lig en weeg net oor die 3kg sonder ’n teleskoop en ammunisie. Dus sal ’n mens die Dimension die hele dag lank in die veld kan dra sonder dat jy ’n skouerverv­anging hoef te kry aan die einde van jou jagekspedi­sie.

Met enige ruilbare-loopgeweer kan jy meer as een kaliber besit, terwyl jy van net een aksie/onderstel gebruik maak. Dit bring die voordeel mee dat die geweer dieselfde hanteer, die kolf jou dieselfde pas en die sneller se drukkrag altyd dieselfde bly.

Die Dimension is beskikbaar in 10 kalibers wat in vier groepe opgedeel kan word:

 ??  ?? Die Groep B-kombinasie – slot/grendelkop, magasyn en magasynbeh­uising. Dit kan gebruik word vir die .22-250 Rem, .243 Win, 7mm-08 Rem en .308 Win.
Die Groep B-kombinasie – slot/grendelkop, magasyn en magasynbeh­uising. Dit kan gebruik word vir die .22-250 Rem, .243 Win, 7mm-08 Rem en .308 Win.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa