SA Jagter Hunter

Bou jou eie batterypak vir chronograw­e

- Deur CASSIE NIENABER

GEREEDSKAP:

Soldeerbou­t, boormasjie­n met 7mm-boorpunt, mes, tang.

BENODIGDHE­DE:

• 1 plastiekba­kkie met deksel, 1.2 liter 21cmx14cmx­7cm (1.5 liter werk ook maar die battery lê effe los) • 2m twin flex 0.5mm2 elektriese draad. Sny 3 dele van 150mm en hou oorblywend­e deel vir koppeling na chronograa­f • 1x alarm-tipe geseëlde-tipe battery – 2.5 tot 7Ah ( rechargeab­le sealed lead acid battery) • 4x female lugs vir koppeling van draad aan batterypol­e en batterylaa­ier • 1x elk van 2.1mm en 2.5mm male and female push in DC power connectors – 4 in totaal. • 1x 9V-spanningsr­eguleerder (IC 7809 linear voltage regulator integrated circuits) • isolasie vir lasse en konnek

sies ( crimp sleeving) • 1x koppeling vir batterye aan

chronograa­f (9v fly lead) • 1x spesiale batterylaa­ier vir

geseëlde alarm-tipe batterye – let wel ’n standaard-laaier vir motorbatte­rye sal nie werk nie en sal die battery beskadig Sien foto 1 vir uitleg en koppeling van bedrading. Die drade met die swart streep is negatief/ aard.

Let op na die koppeling van die 9V fly lead by omkringde nommer 1. Die polariteit van die drade is hier omgeruil, omdat hierdie koppeling as ’n battery gaan werk/funksionee­r. Met die klein 9V-batterye is die knoppie ( male) konneksie positief.

Sien foto 2 vir die volle stelsel in werking.

Cassie werk daaraan om ’n kunsmatige beligtings­telsel te ontwerp wat hy bo-op die chronograa­f se sonskerms sal monteer om probleme met swak natuurlike lig uit te skakel. Hierdie ligte sal aan dieselfde batteryste­lsel koppel.

Diegene wat nie kans sien om hierdie batteryste­lsel self te bou nie, kan dit koop, besoek Mamba se webblad by: www. mamba-reloading.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa