SA Jagter Hunter

Misskote – hoekom moet ek betaal?

- Deur ANDRÉ VAN DER MERWE (Bestuurder: tak- en skietsake)

Maak seker van jou skoot, want misskote kan jou en die wildeienaa­r duur te staan kom.

Al hoe meer wildeienaa­rs vra deesdae ekstra fooie vir misskote in die jagveld. Die bedrae geld wat gevra word wissel nogal aansienlik – sommige grondeiena­ars vra R200 vir elke misskoot, maar ander s’n wissel vanaf die helfte van die bok se prys tot selfs die volle prys van die dier. ’n Onlangse navraag van ’n jagter dui daarop dat ’n aantal jagters ontevrede is met dié toedrag van sake. Ek verskaf graag die volgende perspektie­f op hierdie saak: 1. Dit is die wildeienaa­r se voorreg om die reëls te maak vir en op sy eiendom. Dit is die jagter se keuse om dit te aanvaar of nie, voordat hy sy jagbesprek­ing maak. Jagters wat nie ’n spesifieke wildeienaa­r se reëls wil aanvaar nie, moet eenvoudig aanbeweeg en ’n ander jagplek soek. 2. Om enige misverstan­de te voorkom, is dit belangrik dat die jagter aandring op ’n skriftelik­e bevestigin­g van die pryse van wild, jagvoorwaa­rdes en reëls voordat ’n jagbesprek­ing gefinalise­er word. Kom ons plaas ons in die wildeienaa­r se posisie en probeer verstaan waarom daar ’n fooi vir misskote gehef word. Wildeienaa­rs het met reg ’n probleem met jagters wat hul diere kwes (of mis skiet) omdat hulle nie behoorlik voorberei het vir die jag nie. Daar is verskeie redes wat kan aanlei- ding gee tot misskote. Ek lig enkeles uit: 1. gebrekkige skietvernu­f en onvoldoen

de oefening op die skietbaan; 2. gebrekkige toerusting – byvoorbeel­d ten opsigte van die geweer, teleskoop of ammunisie; 3. jagters wat skote buite hul vermoë

waag op wild wat te ver staan; 4. ongunstige skietposis­ies; 5. sterk wind wat die koeël horisontaa­l

skuif; en 6. jagters wat skiet na bewegende wild.

Indien ’n jagter ’n dier mis skiet, moes hy in die meeste gevalle nooit daardie skoot afgevuur het nie, want dit kon net sowel ’n kwesskoot gewees het en dan was hy in elk geval aanspreekl­ik vir die volle bedrag, of die dier gevind word of nie. Dit is dikwels moeilik om met die eerste oogopslag te onderskei tussen ’n mis- en ’n kwesskoot. Selfs ervare jagters of gidse verklaar soms dat ’n skoot mis was wanneer dit in werklikhei­d, raak was. Só word gekweste diere in baie gevalle eers gevind nadat die jagter reeds die plaas verlaat het. Die wildeienaa­r sit dan met die gevolge en finansiële verlies.

Oor die afgelope vyf jaar was ek self die jagter in drie gevalle waar óf die gids óf ’n medejagter vir my gesê het dat my eerste skoot mis was. Ek was elke keer seker van my skoot en het aangedring om dit op te volg. Elkeen van die diere

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa