SA Jagter Hunter

Boerboel – eg Suid-Afrikaans

-

Boerboel Wear is ’n nuwe maatskappy wat in Pretoria-Oos geleë is. Die ontwikkeli­ng van hul kamoefleer­patrone is plaaslik gedoen en so ook die ontwerp en vervaardig­ing van hul klerereeks.

Hierdie maatskappy fokus op die gebruik van poliëster as ma- teriaal omdat soveel sportmanne deesdae klere verkies wat daarvan gemaak is. Poliëster is duursaam, kreukelvry, liggewig, neem min pakplek op, word gou droog en is kleurvas (dit verbleik nie gou nie). Omdat poliëster gouer droog word as katoen help dit om sweet makliker van die vel af te laat verdamp, wat in beide die somer en winter voordele inhou. Bogenoemde is alles voordele van poliëster wat by jagters byval sal vind.

DRIE PATRONE

Boerboel bemark tans drie tipes kamoefleer­patrone, naamlik die Bushveld Tech, Shell Tech en MicroCamo Tech. Die Bushveld Tech is ’n 3D-patroon van tipiese akasiaveld wat van ware bosveldfot­o’s gekopieer is, die Shell Tech is geïnspiree­r deur die patrone van ’n skilpaddop en is ’n mengsel van groen, bruin en khakikleur­e wat slim aangewend is om goed met die meeste veldtipes saam te smelt. Die MicroCamo Tech-patroon is geïnspiree­r deur die patrone op die velle van diere soos die kameelperd, luiperd, dikkopvoël en luislang.

Ons het vir Sarichia Coetzer, Stephan Hugo en Tony Wessels van Boerboel ontmoet en van hulle stelle klere ontvang met die Bushveld Tech- en Shell Tech-patrone op – kortmouhem­de en langbroeke. Dan ook twee baadjies met Shell Tech-patrone en ’n langmou-kleefhemp ( body warmer) met Bushveld Techpatroo­n en twee pette (Boerboel werk aan ’n boshoed).

Die hemde het panele van geventilee­rde materiaal aan die sye en daar is twee groot borssakke en ’n sakkie op die linker- mou – almal maak met knope vas. Die mousakkie is bloot ’n versiersel. Op elke skouer is daar ’n skouerlus en daar is ook klein knopies aan die kraag van die hemp, weereens as modeversie­rsels. Omdat kamoefleer­klere deesdae ook sogenaamde leasure wear of sosiale drag is, word dit juis só ontwerp om die mode-bewustes onder ons ook te probeer akkommodee­r. Ek kan nie fout vind daarmee nie, maar die versiersel­s dien geen doel vir ’n jagter nie. Beide die hemde wat ons gedra het, sit gemaklik en dra baie lekker. Die geventilee­rde panele aan die kante maak hierdie hemde besliste wenners vir jag in warm weer (vanweë my werk jag ek baie dikwels in die hoogsomer).

UNIEKE BROEKE

Boerboel se broeke is ook uniek vanweë die ontwerp van die band wat jou in staat stel om die broek só te verstel dat dit lekker gemaklik om jou middel pas. Met die Boerboel-broek moet ek sommer dadelik sê dat jy liefs ’n nommer groter as jou normale grootte moet aanskaf (vanweë die ontwerp). Ek dra normaalweg ’n nommer 36, maar het ’n 38 geneem.

Die band bo is so ontwerp dat dit met behulp van Velcrostro­ke verstel kan word. Die band en die broek se voorste

As jy hou van jagklere wat koel is, nooit kreukel nie en gou droog word, sal Boerboel by jou byval vind.

 ??  ?? is die Padded Hoodie-baadjie en Beide se materiaal is waterbesta­nd.
is die Padded Hoodie-baadjie en Beide se materiaal is waterbesta­nd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa