SA Jagter Hunter

Wildebees se Sekelbos

-

As jou jagbroek- en baadjie ’n wenner is, jag jy sommer baie lekker...

Wildebees van Kemptonpar­k is teen hierdie tyd al goed bekend aan lesers. Behalwe vir die uitgebreid­e reeks kamoefleer­klere wat hulle bemark (hulle eie ontwerpe en ander fabrikate) is Wildebees ook bekend vir hul uitstekend­e jagskoene.

Die Stalkers wat ek die afgelope twee jaar gebruik is die beste skoene wat ek nog ooit gebruik het vir stap en bekruip. Met hierdie platsoolsk­oene kan jy werklik so sag soos ’n muis beweeg. Tensy ek in nat weer jag of ruwe berge in nat toestande moet klim, dra ek deesdae pal my Stalkers in die jagveld.

Nuwe kamoefleer­patrone word gedurig beproef en Wildebees se nuutste, die Sekelbos, is vroeg vanjaar bekend gestel. Soos julle op die foto’s kan sien, het die klere ’n wintergeel agtergrond waarop ’n ware sekelbospa­troon geverf is. Diegene wat gereeld in die bosveld jag, sal weet dat sekelbos wyd verspreid in ons land voorkom en eie aan die bosvelddel­e is. Meer oor die kamoefleer­patroon later.

Ons het ’n langbroek, kortmouhem­p, twee T-hemde, boshoed en ’ n warm baadjie ontvang om te toets. Die hemp en broek is van ripstop-materiaal gemaak wat teen hierdie tyd ook goed bekend is aan jagters. Hierdie materiaal is baie sterk en skeur of haak nie maklik in die veld nie.

Die hemp is sonder enige fieterjasi­es (soos ek van jaghemde hou) met slegs twee borssakke wat toeknoop. Ek het die knopies van die hemp net te klein gevind – dit knoop ’n bietjie moeiliker vas en los as groter knope.

Wildebees se Sekelbosbr­oek is ’n wenner. Dit is maklik die gemaklikst­e jagbroek wat ek nóg gedra het. Hierdie broek is ook van ripstop- materiaal gemaak, maar die materiaal kan effens rek (soos die stretchy »

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa