SA Jagter Hunter

Die herlaai van ammunisie Komponentk­euse

- Deur CASSIE NIENABER

In die eerste artikel van die reeks het ek genoem dat ’n ballisties­e handleidin­g, soos byvoorbeel­d die Somchem-boekie of RDMhandlei­ding en ’n chronograa­f absolute noodsaakli­khede is vir diegene wat wil herlaai. In die tweede artikel het ek gekonsentr­eer op die basiese toerusting wat jy benodig vir herlaai. Die volgende stap sal wees om die voorbereid­ing van doppe te bespreek, maar voor ons daarby uitkom, moet ons eers gesels oor die keuse van doppe en dan kortliks die ander komponente, soos koeëls, slagdoppe en kruit.

Die enigste komponent wat herlaaiers kan hergebruik, is die patroondop. Naas die koeël, is die dop die duurste komponent en hierin lê die grootste besparing vir die herlaaier. Besparing, of patrone wat goedkoper is as rakammunis­ie, is een van die groot motivering­s om te herlaai. Hoe meer kere die dop herbruik word, hoe groter die besparing. Vandaar die aansporing om die dop mooi op te pas en sy bruikbare lewensduur te verleng.

Herlaaiers het ’n keuse tussen beter (dikwels duurder) of meer bekostigba­re komponente as wat in standaard-rakammunis­ie gebruik word. Hier moet jy mooi dink en jou doelwit vir jouself duidelik maak. Jy kan goedkoper komponente aanskaf, maar gaan jy tevrede wees met die moontlikhe­id van ’n laer vlak van prestasie of akkuraathe­id? Gaan jy meestal jag, meer skyfskiet of beide doen?

Vir herhaalbar­e en akkurate resultate is uniformite­it baie belangrik. Dit behels dat al jou patrone, een vir een, in alle opsigte, ’n presiese weergawe of kloon moet wees van sy maats. Om jou patrone so identies moontlik te hê, is baie makliker as jy met doppe wegspring wat uniform is. Dit is volgens my onrealisti­es om van doppe wat nie so uniform is nie, uniforme resultate te verwag.

Een vereiste vir uniformite­it is dat doppe se interne volumes min wisseling toon van dop tot dop, aangesien interne volume ’n effek het op die druk tydens ontbrandin­g van dryfmiddel, en die hoeveelhei­d druk bepaal die spoed van die koeël. Herlaaiers weeg dikwels doppe in ’n poging om dit volgens volume te sorteer. In tabel 1 hieronder toon ek die verhouding tussen gewig en volume van drie groepe doppe.

As ons Groep 2 as gemiddeld neem, sien ons dat Groep 1 se twee doppe ’n afname van 1.3% in gewig het. Die volume-toename van Groep 1 is egter net 0.1%. Groep 3 se doppe is weer 2.0% swaarder en het ’n volume-afname van 0.5% teenoor die doppe in Groep 2. Die QuickLoad-rekenaarpr­ogram bereken dat 1% wisseling in volume gemiddeld 0.5% wisseling in trompsnelh­eid veroorsaak. Kom ons aanvaar ’n trompsnelh­eid van 2 800vps. Dan is die moontlike effek van die volumewiss­eling vir bostaande 1.4vps vir Groep 1 en 7.0vps vir Groep 3. Hierdie is baie klein trompsnelh­eidverskil­le, heelwat minder as die moontlike inherente/standaard-verskille tussen onderskeie rondtes.

Die oorsaak van verskille in dopgewig mag deur verskillen­de areas van die dop bygedra word, hetsy die dikte van die web of dopwandvar­iasie. Daarom is dit nie altyd so dat verskille in gewig direk verwant is aan verskille in volume nie, dit kan soms omgekeerd werk.

Indien jy werklik volgens volume wil sorteer, mag dit meer sin maak om elke dop se volume individuee­l te meet deur elke dop droog, en daarna gevul met water, te weeg. Die verskil tussen droog en gevul is die maksimum beskikbare dopvolume. Doen dit na die dop minstens twee keer in jou geweer gevuur is, met die gebruikte slagdop in plek, voor hervorming. Dit is belangrik om alle doppe tot presies dieselfde vlak te vul. Om te verhoed dat lugborrels binne die dop vorm, gebruik ’n inspuiting met ’n spuitnaald en meng die water met ’n klein bietjie skottelgoe­dwasseep om die oppervlaks­panning van die water te breek. In foto 2 toon ek die toerusting om dopvolume te meet. Dink daarom mooi of dit werklik sinvol is om doppe slegs volgens gewig te sorteer.

’n Ander moontlike vereiste vir uniformite­it is dat die dop se wanddikte, en veral die nekwanddik­te, uniform is in sy hele omtrek. Die dikker deel van ’n dop loop gewoonlik in ’n strook regdeur van sy bek tot by sy kop aan een kant van die dop. Materiaal rek gewoonlik eerste uit op die dunner dele omdat daardie dele minder weerstand bied teen vervorming. Omdat die dop eerste na die dun kant uitsit, kan dit veroorsaak dat die dop nie konsentrie­s uitswel tydens die eerste skoot nie. Die resultaat mag wees dat daardie dop se nek, en daarom die koeël van die herlaaide patroon met daardie dop, nie in perfekte belyning (konsentrie­s) met die loop is nie. »

Om die beste ammunisie te laai, moet komponente met oorleg gekies word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa