SA Jagter Hunter

Die herlaai van ammunisie Dopvoorber­eiding

- Deur CASSIE NIENABER

Doppe bly nie vir altyd skoon nie. Daar sit maar altyd verbrande residu van die dryfmiddel aan die dopnek se buitekant en selfs aan die res van die dop vas. Daarom is dit noodsaakli­k om die doppe skoon te maak.

Die koolstofne­erslag van die verbrande dryfmiddel is baie hard en kan ’n skuurmidde­l vorm wat jou pers en matryse se lewe verkort. Daarom maak ek my pers gereeld skoon. Gebruik gewone 3-in-1 masjienoli­e om die stang en die bewegende dele van die pers mee te olie. Masjienoli­e werk en klou beter as die aërosol-tipes. Dis ook dun genoeg om tydens die gebruik van die pers te help om die vuil op die bewegende dele uit te was.

Met skoon doppe word defekte makliker gesien en skoon doppe is ook sagter op jou toerusting. Ons behoort minstens die los koolstof per hand uit te borsel en die dop se buitekant met ’n droë lap af te vee. Dikwels verkies herlaaiers om dop- pe deegliker skoon te maak.

Baie herlaaiers gebruik ’n apparaat, bekend as ’n vibratory tumbler, wat met ’n vibrerende, skommelend­e aksie die doppe se buitekant skoonmaak en blink poleer. Fyngekapte perskedopp­e of mieliestro­nke, kort vlekvrye-staalstafi­es en soortgelyk­e produkte word in die tumbler gebruik as medium om die doppe skoon te maak. Die doppe se binnekant word gewoonlik nie deur so ’n tumbler skoongemaa­k nie, want die medium pak styf binne die dop saam, en ’n mens sukkel boonop nog om alles daar uit te kry. Dink ’n bietjie aan die volgende: Dikwels word skuur-poleermidd­els by die medium gevoeg om die doppe mooi blink te kry. Hierdie stof kleef aan die growwe koolstofne­erslag aan die dop se binnekant en dit verwyder nie maklik nie. Wanneer die skoot gevuur word, beland daar moontlik van hierdie skuurmidde­lstof binne die loop en skiet jy die volgende koeël daaroor. Dalk is dit meer sinvol om doppe chemies skoon te maak.

Mamba-seep maak doppe chemies skoon. Dit verwyder beide oksidasie asook koolstofne­erslae. Die seep werk uitstekend om doppe per hand in ’n plastiekho­uer skoon te maak. Die seep kan ook in ’n ultrasonie­se apparaat gebruik word. Dis egter baie belangrik om Mamba nie vir verlengde tye in die ultrasonie­se apparaat se bak te laat staan nie, anders kan die bak deur galvanisas­ie beskadig word. Hou dit slegs so lank in die bak as wat nodig is om die doppe skoon te maak. Dreineer alle seep direk na gebruik uit die bak, spoel die bak deeglik uit, maak dit droog en stoor die apparaat in ’n droë plek.

Ek gebruik ’n rotary tumbler met vlekvrye-staalpenne­tjies of -stafies/ stainless media, wat na my mening doppe die deeglikste skoonmaak. Die rotary tumbler was die doppe skoon met water

 ??  ?? Die doppe voor en na dit met die
met water en seep skoongemaa­k is. Die skuuraksie verwyder alle neerslae binne en buite die doppe.
Die doppe voor en na dit met die met water en seep skoongemaa­k is. Die skuuraksie verwyder alle neerslae binne en buite die doppe.
 ??  ?? ‘n Vergrootgl­as met sy eie lig en ‘n buigbare nek om doppe vir sigbare defekte te inspekteer.
‘n Vergrootgl­as met sy eie lig en ‘n buigbare nek om doppe vir sigbare defekte te inspekteer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa