SA Jagter Hunter

Bosbokjag kan gevaarlik wees

- Deur ORG HAMMAN

Loop maar lig vir ’n bosbokram.

soek. Met behulp van my jaghond, Purdey, het ons die man so teen tienuur gekry. Hy was reeds etlike dae dood en in retrospek reken ek dat ons die man selfs sonder die hulp van die hond sou kon opspoor – ontbinding het reeds begin intree en hy het sleg geruik.

Ons het hom en ’n ou bosbokram reg by mekaar gekry. Die ram se regterhori­ng, wat ons later as 17” gemeet het, was dwarsdeur die man se borskas gedruk. Met sy kop teen die werker se liggaam vasgevang, het die bosbok gevrek en is die werker ook hiernamaal­s toe. Die ou ram het sy lewe duur verkoop. Om sy agterpoot was daar ’n stewige draadstrik. No- deloos om te sê, onwettige jag op die plaas het skielik opgehou na dié twee se dood.

STADIG STAP

Om ’n bosbok in die bosveld te jag, is stadig stap en jou oë wyd oop hou, die enigste manier wat werk om hierdie donker skim van die ruie bos aan die slagboom te kry. Dis net so moeilik om ’n groot bosbokram te jag as ’n koedoebul, want bosbokke verstaan die kuns van wegkruip en wegraak.

In die ruie Transvaals­e bosveld word bykans alle skote op bosbokke op kortafstan­d geneem. Dus is ’n swaar-vir-kaliber, stadige koeël, die aangewese medisyne vir bosbokke. Kalibers waarmee ek al heelwat bosbokke gejag het, is die 6.5x55 Sweedse Mauser, 7x57 Mauser, .308 Winchester, 8x57 Mauser, 8x60S Mauser, .358 Winchester en my gunsteling, die 9.3x62 Mauser. Bosbokvlei­s is volgens my beskeie mening lekkerder as rooibokvle­is en dis die hoofrede waarom ek al heelwat van dié manne met die skerp horings geskiet het.

In die vroeë 1970’s nooi ek my jarelange vriend, Arrie Prinsloo, wat toe nog nooit ’n bosbok geskiet het nie, om bosbokke by ons te kom jag. Die plaas Selati Ranch was vir baie dekades ons familiegro­nd. Terwyl ons op die plaas was, moes ons sommer ook vir die res van die gesin ’n paar rooibokke en ’n koedoe of twee skiet. Dit was nog in die goeie dae toe mense mekaar genooi het om ’n bok te skiet. Met hedendaags­e jagte bestaan daar altyd die vrees dat jou bankbestuu­rder aan beroerte sal beswyk ten aanskoue van die tjek wat jy ter vereffenin­g van die rekening moes teken.

So is ek en Arrie toe Gravelotte toe. Hy het sy getroue 7x57 saamgevat en ek my 8x60S. Hy het met 175gr Kynoch-sagtepunte geskiet terwyl ek my 8x60

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa